NOTAS: WANNEER JOU SEISOEN JOU OOMBLIK ONTMOET

WANNEER JOU SEISOEN JOU OOMBLIK ONTMOET
Leef met hoop tussen die belofte en die deurbraak.

Skriflesing:
Prediker 3:1-8 ‘ALLES het sy bepaalde uur, en vir elke saak onder die hemel is daar ‘n tyd…’

Inleiding
– Die lewe loop in seisoene. Ons het seisoene wat vol sonskyn en groei voel… en ander wat soos diep winter voel.
– Daar is oomblikke van vreugde en oomblikke van pyn, oomblikke van plant en oomblikke van oes, oomblikke van begin en oomblikke van loslaat.
– Die Bybel maak dit duidelik – daar is ’n seisoen en ’n tyd vir alles.
– ‘n Seisoen is ‘n tydperk, dikwels gekenmerk deur ‘n sekere stel omstandighede.
– ‘n Tyd is ‘n spesifieke oomblik – ‘n oomblik wanneer iets gebeur.
– Ons kan gewoonlik ‘n seisoen herken… maar die presiese oomblik wanneer dinge verander? Dit is moeiliker om te sien.
– Seisoene beweeg stadig, maar oomblikke kan skielik opdaag.

Seisoene vs. Tyd – ‘n Illustrasie
– ‘n Rukkie terug was ek besig om ons tuin vir ‘n spesiale geleentheid gereed te maak. Ek wou hê die gras moes welig en groen wees, en die bome moes met vars blare bedek wees. Dit was lente – die seisoen vir groei – en ek kon reeds hier en daar ’n paar knoppe sien.
Maar hier is wat ek opgemerk het: al was dit die seisoen, was dit nog nie die tyd nie.
Ons het die bome gesnoei. Ons het hulle kunsmis gegee. Ons het hulle getrou natgemaak. Ons het selfs ‘n reeks ongewone warm dae geniet. En steeds… niks. Net kaal takke wat na my terugstaar.
Ek het aanhou soek na tekens van verandering, maar die oomblik het nog nie aangebreek nie. Toe, amper oornag, het dit gebeur. Knoppe het verskyn, blare het begin ontvou, en alles het lewendig geword.
Toe tref dit my: net omdat dit die regte seisoen is, beteken dit nie dis die regte oomblik nie. Jy kan alles ‘reg’ doen en steeds moet wag vir God se perfekte tydsberekening. Wanneer daardie oomblik aanbreek, kan dinge vinniger verander as wat jy, jou ooit verbeel het.

1. WAG IS DEEL VAN DIE LEWE
– Ons hou nie van wag nie, maar dit is in die sirkel van die lewe ingebou. Ons wag in lang toue, ons wag vir resultate, ons wag vir geleenthede.
– Geestelik wag ons vir God om gebede te verhoor, deure oop te maak en beloftes te vervul.
– Hierdie wagtye kan moeilik wees en die versoeking om hoop te verloor is werklik.
– Maar die Bybel sê: Psalm 14:7 Ag, mag die verlossing van Israel uit Sion kom! As die Here die lot van Sy volk verander, dan sal Jakob juig, Israel sal bly wees.’
– Wanneer jy in ‘n wagtydperk is, staan vas. Moenie toelaat dat ontmoediging jou hart verhard nie.
– Wag is nie tyd mors nie, God is aan die werk, selfs wanneer jy dit nie kan sien nie.

2. DIE TYD OM VAN DIE VERKEERDE WEG TE DRAAI
– Daar is oomblikke in die lewe wanneer ons weet dat ons ‘n verandering moet maak.
– ‘n Tyd om beslissend van sonde weg te stap en die lewe wat God vir ons bedoel het in te tree.
Psalm 34:15 ‘Wyk af van wat verkeerd is, en doen wat goed is; soek die vrede en jaag dit na.’
– Om, om te draai, of ons weë of rigting te verander, is nie altyd maklik nie, ons mag dalk langs die pad faal.
– Maar die Heilige Gees gee ons die krag om aan te gaan.
– Baie mense kan die presiese oomblik onthou toe hulle hul lewens aan Christus gegee het. Dit was hulle tyd van omdraai.
– As jy voel dat God jou nou aanpor, moenie talm nie.

3. DIE TYD OM TE BESEF DAT DIE LEWE KORT IS
– Wanneer ons jonk is dink ons nie veel aan die kortstondigheid van die lewe  nie. Maar vroeër of later beleef ons ‘n oomblik wat dit werklik maak – die verlies van ‘n geliefde, ‘n gesondheidsprobleem, of bloot die jare wat verbygegaan het.
Psalm 39:4 ‘Here, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.’
– Die besef dat die lewe kort is, verander hoe ons lewe.
– Dit skuif ons prioriteite en help ons om op wat werklik saak maak, te fokus.

4. DIE TYD OM TE VERTROU
– Vertroue op God behoort konstant te wees, maar daar is tye wanneer vertroue alles is wat ons het.
– Wanneer ons eie krag opraak, moet ons geheel en al op Hom staatmaak.
Psalm 62:8 ‘Vertrou op Hom altyd, o volk! Stort julle hart uit voor Sy aangesig! God is ‘n toevlug vir ons.’
– As jy in ‘n seisoen van slegs-vertroue is, wees eerlik met God.
– Stort jou hart uit. Hy kan dit hanteer en Hy kan help.

5. DIE TYD VIR GOD OM OP TE TREE
– Josef het geweet wat dit beteken om op God se tydsberekening te wag. Na sy Godgegewe drome het dit gelyk of die lewe agteruitgaan – verraad, slawerny, tronkstraf. Jare lank het niks gebeur nie… en toe, in ‘n enkele dag, het alles verander.
Psalm 119:126 (NLV) ‘Dis tyd dat U optree, Here…’
Psalm 37:7 (NLV) ‘Wees stil in die Here, en wag geduldig op Hom.’
– God se tydsberekening stem dalk nie ooreen met ons s’n nie, maar dit is altyd perfek.

6. DIE TYD OM FEES TE VIER
– Wanneer God deurkom, is daar niks soos dit nie – daardie oomblik wanneer jy besef die gebed is verhoor, die deurbraak het gekom en die las is gelig.
– Dawid het daardie gevoel geken: Psalm 18:2-3 ‘Ek het U hartlik lief, Here, my sterkte. Die Here is my Rots en my Bergvesting en my Redder; …’
– As jy nog steeds wag, moenie moed opgee nie, jou vreugdevolle oomblik is dalk nader as wat jy dink.

7. DIE REGTE TYD
– Die lewe is ‘n konstante vloei van seisoene en oomblikke.
– Sommige is maklik, sommige is moeilik, maar almal is geleenthede om die Een Wie se tydsberekening foutloos is, te vertrou.
– Watter seisoen jy ook al nou in is (plant, treur, herbou, lag of  laat gaan), leun met geloof daarin.
– God se tydsberekening is nooit verkeerd nie.
‘In Christus alleen vind ek my hoop.’

Deur: Andrew W Roebert
Hierdie notas mag met ander gedeel word.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010