FLOREER IN DIE TUSSENTYD – Om vrede en doel te ontdek in tye van verandering
Inleiding
– Verandering is onvermydelik – ons kan dit nie vermy nie.
– Soms kies ons verandering, en soms kies dit ons.
– Sommige veranderinge is opwindend, ander is pynlik. Hoe dit ook al sy, verandering bring altyd oorgang – die tussen-in plek waar die oue agter ons is, maar die nuwe nog nie ten volle aangebreek het nie.
– Oorgang is dikwels ongemaklik. Dit rek ons geloof, toets ons geduld en daag ons gevoel van beheer uit.
– Maar hier is die goeie nuus: in elke oorgang is God met ons. Hy lei ons nie net in verandering in nie – Hy stap met ons daardeur.
1. VRA GOD OM JOU DEUR DIE OORGANG TE LEI
– Wanneer die lewe onseker voel, is dit ons grootste troos om te weet dat God ons nogsteeds lei.
– Dawid het dit verstaan toe hy geskryf het: ‘Die HERE is my Herder; niks sal my ontbreek nie. Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen. Hy verkwik my siel; Hy lei my in die spore van geregtigheid, om Sy Naam ontwil.’ (Psalm 23:1-3)
– Let op: God lei en begelei. Hy ken die pad deur die oorgangsseisoen.
– Moenie probeer om dit op jou eie te bereken nie – laat Hom die leiding neem.
2. BLY OP JESUS GEFOKUS
– Oorgang is ‘n tyd van onsekerheid. Dit kan maklik vrees, twyfel of afleiding meebring.
– Daarom moet ons, ons oë op Jesus gefokus hou.
– ‘en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof.’ (Hebreёrs 12:1-2)
– Jou wedloop sal anders lyk as enige ander s’n.
– Maar dieselfde waarheid geld – hou jou fokus op Hom, Hy sal jou help om sterk te eindig.
3. MOENIE IN DIE VERLEDE LEEF NIE
– Een van die grootste gevare in oorgang is die versoeking om terug te kyk.
– Ons is geneig om die verlede te romantiseer en dit ‘die goeie ou dae’ te noem, maar om aan wat was, vas te klou kan ons weghou van wat God volgende wil doen.
– ‘Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie?’ (Jesaja 43:18-19)
– Oorgang beteken om agter te laat wat verby is sodat jy kan intree in wat nuut is.
4. LEER BUIGSAAMHEID
– Verandering kom selde soos ons verwag. Daarom is buigsaamheid die sleutel daartoe.
– Ek het eenkeer gehoor dat daar gesê word: ‘Geseënd is die buigsames, want hulle sal nie gebreek word nie.’
– In Jeremia 18 word God uitgebeeld as ‘n pottebakker wat klei vorm. Vir die klei om te word wat die pottebakker beoog, moet dit sag en buigbaar bly.
– Op dieselfde wyse moet ons aan God oorgegee bly, sodat Hy ons deur die oorgangsseisoen kan vorm.
5. BEHOU ‘N SAGTE HART
– Oorgang kan mense verhard as hulle nie versigtig is nie
– Teleurstelling, pyn of vrees kan veroorsaak dat ons harte koud word.
– Maar God verlang na teer, responsiewe harte: ‘En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.’ (Esegiël 36:26)
– ‘n Sagte hart laat God toe om genesing, wysheid en groei te midde van verandering te bring.
6. HOU VAS AAN WAT GOD GESÊ HET
– In oorgangstye sal twyfel probeer insluip.
– Jy mag begin bevraagteken wat God vir jou gesê het voordat die verandering begin het.
– Maar klou vas aan Sy Woord en beloftes.
– Hy het nie van plan verander nie.
– Paulus het Timótheüs aangemoedig: ‘Stry die goeie stryd van die geloof (1 Timótheüs 6:12).
– Daardie stryd vind dikwels in oorgang plaas – wanneer niks lyk soos wat God gesê het nie.
– Moenie Sy Woord laat vaar nie.
– Dit sal jou deurdra totdat Sy belofte vervul word.
7. VRA GOD OM HULP
– Die goeie nuus is dat ons nie alleen deur die oorgang hoef te gaan nie.
– God is naby ons wanneer ons Hom aanroep:
‘Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.’ (Psalm 145:18)
– Ongeag waar jy in die proses van verandering is, jy kan Sy hulp vra, en Hy sal reageer.
8. RUS IN SY TEENWOORDIGHEID
– Die kragtigste anker in oorgang is die teenwoordigheid van God.
– Moses het dit geweet toe God belowe het:
‘En Hy sê: My aangesig sal saam met jou gaan, en Ek sal jou rus gee.’ (Exodus 33:14 CAB23)
– As jy naby Sy teenwoordigheid bly, kan jy enige iets trotseer – want Sy teenwoordigheid bring vrede in die onsekerheid en krag vir die reis.
Gevolgtrekking
– Verandering is moeilik, maar oorgang is heilige grond.
– Dis die plek waar God ons hervorm, ons geloof versterk en ons voorberei vir wat voorlê.
– Vra Hom om jou te lei en hou jou oë op Jesus.
– Laat die verlede gaan en bly buigsaam.
– Hou jou hart sag en klou vas aan Sy beloftes.
– Roep Hom aan om hulp en rus in Sy teenwoordigheid.
– Uiteindelik gaan oorgang nie net daaroor om verandering te oorleef nie – dit gaan daaroor om in te tree in die nuwe ding wat God vir jou het.
Deur: Andrew W Roebert
Hierdie notas mag met ander gedeel word.