Skriflesing
Numeri 23:20 ‘Kyk, ek het ontvang om te seën; en het Hy geseën, dan kan ek dit nie keer nie.’
1. DIE SEËN VAN DIE HERE
– God se seën is ‘n sentrale tema in die Bybel.
– Ons gehoorsaamheid en getrouheid aan God bring die beloning van Sy seën in ons lewens.
– As gelowiges kan ons vrugbare lewens lei as gevolg van Sy seën, guns en genade.
– Spreuke 10:22 verklaar dat; ‘Die seën van die Here — dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.’
– Efesiërs 1:3 ‘Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat daar in die hemel is.’
– Seën is deel van God se plan vir Sy mense.
– Die vyand van ons siele sou graag wou sien dat hierdie seën in ‘n vloek verander word, maar daar is niks wat hy kan doen om dit om te keer nie.
– Hy wat ons siele lief het, begeer dat ons elke geestelike seëning in ons lewens sal ken en ervaar.
2. DIE SEËN OM AAN GOD TE BEHOORT
– As kinders van God kan ons die seën ken om aan God en aan die familie van God te behoort.
– Wanneer ons ons geloof in Jesus plaas, word ons in die familie van God verwelkom.
– Alles verander wanneer dit gebeur, ons word seuns en dogters, ons word mede-erfgename, ons word nuwe skeppings en ons word Sy eie volk.
– Titus 2:14 ‘Hy het sy lewe vir ons gegee om ons los te koop van alles wat voor God verkeerd is, en om ons te reinig van alle sonde sodat ons sy volk kan wees wat net aan Hom behoort, ….’ (NLV)
– Hierdie posisie kan nie ongedaan gemaak word nie en dit is onomkeerbaar.
– Ons mag van die pad afdwaal, ons mag soms ontrou wees, ons mag in die versoeking kom en die verkeerde pad loop, daar mag ‘n tyd wees wanneer ons ver van God af is, maar die vyand kan nooit die band waarmee die Here ons aan Homself verbind het, ongedaan maak nie.
– 1 Johannes 3:1 ‘Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook….’ (NLV)
– Dit is iets om oor na te dink, te oordink en te mediteer.
– ‘n Bykomende deel van hierdie seën is dat ons deel word van God se wêreldwye familie van gelowiges.
– Jy het broers en susters in Christus wat jy nog nooit ontmoet het nie.
– Dit is wonderlik om aan God te behoort en deel te wees van die groot familie van God.
3. DIE SEËN VAN AANVAARDING
– Nie net kan ons die seën om aan God te behoort ken nie, maar ons kan ook die vreugde van Sy aanvaarding ken.
– Efésiërs 1:6 ‘tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.’
– Hierdie vers sê dat ons in die Geliefde aanvaar is – wat beteken dit?
– Toe Jesus op aarde gewandel het, is daar eendag ‘n stem uit die hemel gehoor en dit het gesê: ‘Dit is my geliefde Seun!’
– Mathéüs 3:17 ‘En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.’
– Die ‘Geliefde’ verwys na Jesus Christus.
– Hy het ‘n baie unieke verhouding met die Vader geniet.
– Hierdie titel weerspieël die diepe liefde en goedkeuring van die Vader vir die Seun.
– Hierdie seën van aanvaarding beteken dat God ons ook op hierdie wonderlike manier lief het.
– Ek en jy kan ook ‘Sy Geliefdes’ wees.
– God die Vader aanvaar en seën ons op dieselfde manier as Sy geliefde Seun!
– Jy is Sy Geliefde.
– Die groot aanklaer kan nie die seën van aanvaarding wat God aan ons gegee het, ongedaan maak of omkeer nie.
– Trouens, die groot aanklaer is ‘n slag toegedien waarvan hy nooit kan herstel nie, en ons kan staande bly in die aanvaarding wat van God self kom.
– Openbaring 12:10 Toe hoor ek ‘n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van Sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag.’
4. DIE SEËN VAN SY BELOFTES
– Ons kan die seën van God ken omdat Hy ons Sy beloftes gegee het, en ons kan op Sy woord en Sy verbond met ons staatmaak.
– Deuteronòmium 7:9 ‘Jy moet dan weet dat die Here jou God, God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom lief het en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte.’
– Let op die volgende:
– Die Here God is jou God en Hy is ‘n getroue God.
– Hy is ‘n God wat Sy verbond onderhou.
– Sy liefde kan nie van jou verwyder word nie, en niks kan jou van Sy liefde skei nie.
– Sy verbond van liefde (Sy belofte van liefde) strek tot duisend geslagte – dit eindig nooit nie.
– God se getrouheid is ‘n sentrale tema in die Bybel.
– Hy is onveranderlik en betroubaar, en vervul Sy beloftes oor geslagte heen.
– Jou verhouding met God is op ‘n verbond gebaseer.
Deur: Andrew W Roebert