A2G-logo-dark

MOENIE JOU GEBOORTEREG OPGEE NIE

MOENIE JOU GEBOORTEREG OPGEE NIE

SKRIFLESING: Genesis 25:33Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.’ 

1. WAT IS ‘N GEBOORTEREG?
– Elke mens word met ‘n geboortereg gebore.
– Daar is goed waarop elke individu geregtig is bloot omdat hulle gebore is.
– Die woord ‘GEBOORTEREG’ bestaan uit twee woorde: ‘Geboorte’ en ‘reg’. In sy eenvoudigste vorm beteken dit die regte waarop jy geregtig is omdat jy gebore is.
– In die verhaal in Genesis was Esau die eersgeborene en as eersgeborene was hy geregtig op die eersgeboortereg van sy vader Jakob.
– Dus, is ‘n geboortereg ‘n reg wat jy het omdat jy in ‘n posisie, ‘n familie, ‘n plek, gebore is of omdat dit ‘n reg van alle mense is.
– As ‘n kind van jou ouers is jy geregtig op ‘n geboortereg. Vanaf jou geboorte het jy die reg op hul familienaam. Jy het die reg om deur jou ouers benoem te word en om hul naam te dra.
– Toe ek gebore is, het my ouers my Andrew genoem en ek was geregtig om my pa se familienaam Roebert (uitgespreek: Ray-bert) te dra. Miskien sou ‘n van met ‘n makliker spelling en uitspraak beter gewees het, maar dit was my geboortereg. Hierdie reg het niks met my gedrag te doen gehad  nie. Ek hoop nie dat ek as baba ‘n groot las vir my ouers was nie, maar my moeder sê ek was ‘n engel – ek dink nie sy onthou elke detail nie.
– Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n geboortereg en gedragsregte.
– Die basis vir ‘n geboortereg is bloot ‘n kwessie van geboorte, maar ‘n gedragsreg is gebaseer op die waargenome gedrag en/of situasie, en hierdie twee regte het geen verband nie.
– Een van die mees verwoestende uitdagings wat enigeen in die lewe kan trotseer, is om onterf te word. Soms raak mense deurmekaar tussen ‘n geboortereg en gedragsregte en kies om hul familie of ‘n bepaalde lid/lede van hul familie te onterf. Die resultate is gewoonlik afbreukend en verpletterend en mense kom selde, indien ooit, oor so ‘n beslissing. Die rede hiervoor is dat elke individu ‘n ingebore kennis van hul geboortereg het en wanneer hulle hierdie geboortereg verloor ervaar hulle dit as die uiterste vorm van verwerping en omdat die persoon wat die besluit geneem het nou oorlede is, is daar niks wat aan die situasie gedoen kan word nie. Dit laat mense voel of hulle beroof is en dit kan baie jare neem om van hierdie tipe onreg te herstel.
– As kinders van God is ons ook geregtig op ‘n geboortereg, en ons kan ook die voordele van ons geboortereg geniet. Hierdie geboortereg kom tot stand wanneer ons in die familie van God gebore word. Dink net daaraan, ons kan Sy Naam dra en Christene genoem word, na die Naam van Christus.
– Wanneer ons die verhaal in Genesis lees, kan ons sien dat dit moontlik is om ons geboortereg prys te gee of te verkoop. Jy is die enigste persoon wat jou geboortereg kan prysgee. Ons behoort nooit so ‘n opsie te oorweeg nie. Ons behoort vorentoe te tree en in die ry te staan om die geboortereg wat God vir ons het, te ontvang. Moenie toelaat dat die bose jou anders oortuig nie.
– Kom ons kyk na sommige aspekte van die geboortereg waarop ons as kinders van God geregtig is.

2. ONS GEBOORTEREG SLUIT VERGIFNIS IN
– Toe ons gebore is, het ons met ‘n skoon bladsy in hierdie wêreld gekom. Ons het nie met slegte gewoontes en bose bedoelings opgedaag nie. Maar vanaf ons geboorte was ons aan allerhande dinge waartoe mense in staat is, blootgestel.
– Terwyl ons ontwikkel het en in die lewensproses het ons, ons eie foute gemaak en gesondig.
– ’n Probleem het opgedaag – ons was nie meer rein en onskuldig nie, maar as gevolg van wat ons gedoen het en dit wat aan ons gedoen is, het ons besoedel geraak. Dit noem ek die ‘sondeprobleem’.
Romeine 3:23 ‘want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,’
– Maar as kinders van God het ons ‘n geboortereg op vergifnis.
1 Johannes 1:9 ‘As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.’
– In Christus het ons toegang tot hierdie wonderlike geboortereg wat ons die reg gee om vergewe te word en om die wonderbare gawe van Sy vergifnis in ons lewens te ken.
Romeine 6:23 ‘Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.’
– Vergifnis is moontlik een van die grootste geskenke wat ons ooit kan ontvang en dit is ook een van die grootste geskenke wat ons aan ander kan gee.
– God bied vergifnis aan ons en Hy verwag dat ons Sy voorbeeld sal volg en dit aan ander sal uitbrei.
Lukas 11:4 ‘en vergeef ons ons sondes, want ons vergewe ook elkeen wat aan ons skuldig is;…’
– Ons het hierdie geboortereg van vergifnis wat tot ons beskikking is.
– Hoekom sal ons hierdie geboortereg prysgee of verkoop en dit vir bitterheid en haat verruil wanneer ons vry kan wees om vergifnis te ontvang en vergifnis te gee?

3. ONS GEBOORTEREG SLUIT IN OM TE WEET DAT GOD ONS LIEFHET
– Nog ‘n wonderbare voorreg wat ons kan geniet, is om te weet dat as Sy kinders,  God ons liefhet.
– Waar jy jouself ookal mag bevind, reik Sy liefde nou op die oomblik, uit na jou.
– Ander mense mag nie van jou hou nie, hulle mag jou verag of selfs haat, maar Hy sal nooit so teenoor jou wees nie.
Jeremia 31:3Ja, Ek het jou liefgehad met ‘n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid.
Johannes 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, (dit sluit jou in – spesifiek en doelbewus) dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, …’
Romeine 8:38-39Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.’
– Niks kan jou skei van Sy groot liefde vir jou nie – dit is jou geboortereg.

4. ONS GEBOORTEREG IS OM DIE REDDINGSKRAG VAN JESUS TE KEN
– Die verlossing wat Christus ons bied en die vreugde om in ‘n regte stand met God te wees, is ‘n geboortereg, wat vir ons almal beskikbaar is.
– Hierdie wonderlike voordeel of geboortereg open die deur sodat ons God kan ken en Sy gawe (ons geboortereg) van die ewige lewe kan ondervind.
Johannes 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
– Sy reddende krag is vandag vir jou beskikbaar.
– Sy liefde reik uit na jou om jou te red.
– As jy nog nooit jou lewe aan God gegee het nie, is dit nou die tyd. Dit is jou bestemde oomblik. Hy klop aan die deur van jou hart en wag vir jou om die deur na jou hart en lewe oop te maak sodat Hy binne jou kan kom woon.
– As jy dit ernstig oorweeg en eienaarskap van jou geboortereg wil neem, is hierdie ‘n gebed wat jy kan bid om hierdie saak eens en vir altyd op te los.
– Liewe Here Jesus,
Ek weet ek het gesondig in my gedagtes, woorde en dade.
Daar is soveel goeie goed wat ek nie gedoen het nie.
Daar is soveel sondige goed wat ek gedoen het.
Ek is jammer oor my sondes en draai weg van alles wat ek weet verkeerd is.
Ek weet U het U lewe aan die kruis vir my neergelê.
Dankbaar gee ek my lewe terug aan U.
Nou vra ek U om in my lewe in te kom.
Kom in as my Verlosser om my te reinig,
Kom in as my Here om my te beheer,
Kom in as my Vriend om met my te wees,
en deur U genade sal ek U al die jare van my lewe in gehoorsaamheid dien.
In U kosbare Naam, Amen.
– As jy hierdie gebed gebid het, sal ek graag van jou wil hoor. Stuur net vir my ‘n e-pos na andrew@alivetogod.co.za en sê: ‘Ek het die gebed gebid!’

5. JOU GEBOORTEREG – DIE PERSOON VAN DIE HEILIGE GEES
– Jy is nie meer alleen nie – God is met jou.
– Jy is Sy kind en as Sy kind het jy toegang tot Sy Heilige Gees as jou geboortereg.
Johannes 14:16 ‘En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid:’
– Die Trooster is die Heilige Gees en Hy is gestuur om jou trooster, advokaat en raadgewer te wees.
– Hy is nie slegs na die vroeë kerk toe gestuur en daarna teruggetrek nie. Hy is vir ewig na die ganse mensdom gestuur en om vir ewig by elkeen van Sy kinders te wees. (Dit sluit jou in!)
– As jy die Heilige Gees die reg van weg in jou lewe gee, sal jy vind dat Hy jou sagkens en genadiglik sal aanspoor en lei terwyl jy in jou verhouding met God groei.
Johannes 14:26 ‘maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in My Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.’
– Die keuse tussen die ontvangs van ons geboortereg en die prysgee daarvan word voortdurend aan ons voorgehou.
– Moenie jou geboortereg prysgee nie, moenie jou geboortereg vir tydelike plesier verkoop nie.
– Dit is joune en jy kan dit vandag neem en dit vir ewig joune maak.

Deur: Andrew W Roebert
Hierdie notas mag gedeel word met ander.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010