A2G-logo-dark

JOU VOORSIENER SAL VOORSIEN!

JOU VOORSIENER SAL VOORSIEN!


Genesis 22:14 ‘En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien (Jehovah-Jireh)!  Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.’

Inleiding:
– Die verhaal wat tot hierdie vers lei, is ‘n verhaal van ongelooflike moed en geloof.
– God het Abraham gevra om sy seun (Isak) op ‘n altaar op die berg Moria, te offer.
– Dit was dieselfde seun wat baie jare tevore belowe is en hy was ‘n wonderkind wat baie laat in sy ouers se lewens gebore is, lank na vrugbare ouderdom.
– Hierdie kind was die hoop op die vervulling van alles wat God aan Abraham belowe het.
– Hy was ‘n antwoord op baie jare se gebed en vertroue.
– Hy was die voorsiening waarop hulle gewag het en nou moes hy prysgegee word.
– Ek het al dikwels gewonder hoe Abraham werklik kon doen wat God van hom gevra het?
– Ek glo dat met verloop van tyd, het Abraham een baie belangrike les oor die karakter van God geleer.
– Hy het geleer dat bo alles sal God voorsien en hy het volgens hierdie beginsel gelewe.
– Miskien moet ons ook leer, dat ongeag hoe donker en hopeloos dinge mag wees, God is ons voorsiener en die verlossing en voorsiening wat Hy bring sal altyd opdaag, selfs al is dit is op die heel laatste oomblik, of wat ons as ‘te laat’ sou beskou.

1. OM TE VOORSIEN IS DEEL VAN GOD SE KARAKTER.
– Om ‘n voorsiener te wees is deel van God se karakter en aard.
– Die Bybel is vol verhale oor hoe Hy teen die oormaat voorsien het.
– Die Bybel voorsien ons van bewyse van God se aard as ‘n voorsiener.
– In die begin het Hy die tuin van Eden vir Adam en Eva voorsien.
– Toe die volk van God vasgevang was tussen die boom en die bas, tussen die naderende Egiptenare en die see, het Hy ‘n uitweg voorsien, deur ‘n weg deur die see oop te maak.
– Terwyl die Israeliete in die woestyn rondgedwaal het, het Hy dag en nag vir hulle voorsien.
– Toe die dissipels dwarsdeur die nag gehengel het en niks gevang het nie, het Hy ingegryp en ‘n vangs voorsien wat meer was as wat hulle kon hanteer.
– Toe ons in ons sonde verlore was, het Hy Sy Seun gestuur (voorsien) om vir ons te sterf sodat ons die vergifnis van sonde en die belofte van die ewige lewe kan ken.
– Ek en jy moet leer om op Sy karakter te vertrou en vertroue in Sy wese te hê  – ‘n voorsiener.

2. HY IS JOU VOORSIENER WANNEER DAAR GEEN HOOP IS NIE.
– Wanneer alle hoop verby is en jy jou laagste punt bereik het, is Hy nog met jou, en net daar kan Sy hand van voorsiening nog in afwagting verwag word.
– Psalm 103:2-5 ‘Loof die Here, o my siel, en vergeet geeneen van Sy weldade nie! Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees, wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede, wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos die van ‘n arend.’
– Wanneer ons oorweldig word deur dinge wat ons weet ons nie moes gedoen het nie en die spyt, is Hy gereed om ons te vergewe.
– Wanneer ons aan die genade van siekte en kwale oorgelaat voel, kom Hy om genesing te voorsien.
– Wanneer ons onsself in ‘n gat, in ‘n put bevind, waaruit dit blyk dat ons nooit sal ontsnap nie, kom Hy om redding en verlossing te voorsien.
– Wanneer ons vind dat ons lewens leeg en sonder hoop is, kom Hy om die ‘goeie dinge’ wat Hy weet dat ons nodig het, te voorsien.
– Wanneer ons aan ons einde kom en ons swak en hulpeloos voel, kom gee Hy vir ons van Sy krag sodat ons krag vernuwe kan word.
– Wanneer dit voel of die vyand vir seker oorwinning oor ons sal hê, kom Hy ons ophef en ons die oorwinning gee.
– Miskien kom dit voor asof jou teëstanders die oorhand het? Dit is presies op sulke tye dat ons in afwagting kan wees dat Sy voorsiening geopenbaar sal word, selfs uit die mees onwaarskynlike bronne. 

3. HY IS JOU VOORSIENER WANNEER JOU KRAG OP IS. 
– Soms ervaar ons voortdurende, langtermyn gevegte in die lewe.
– Die volk Israel het dit ervaar. Die vyand, die Filistyne, het hulle gedreig en teen hulle geveg. ‘n Reus genaamd Goliat was hulle kragtige wapen. Elke oggend en elke aand het hy uitgekom en geskree en hulle met nederlaag gedreig. Hierdie voortdurende stryd het hulle swak en kwesbaar gelaat, en hulle het ‘n gebrek aan strategie, idees en moraal gehad. Hulle krag en vasberadenheid was uitgeput. God het ‘n jong seun in hierdie situasie laat intree. Hierdie jong seun is as individu onderskat en oor die hoof gesien. Maar die hand van God het gerus op hierdie seun, genaamd Dawid. Hy was besig om kos aan sy broers, wat in die geveg betrokke was, af te lewer. Dawid het dinge vanuit ‘n ander perspektief gesien en met sy slinger en 5 gladde klippe het hy die konflik eens en vir altyd beëindig en die reus doodgemaak.
– Miskien moet jy ‘n langtermyn, voortdurende stryd hanteer. Miskien het jy alles in jou vermoë probeer om te oorwin of om ‘n verandering in die situasie te sien en niks het verander nie. Miskien vind jy jouself swak, verslete en uitgeput en dalk het jy as gevolg daarvan ophou met probeer. 
– Wanneer jy so magteloosheid raak is Hy nogsteeds jou voorsiener.
– Hy kan nogsteeds intree en omstandighede omdraai.

4. HY IS JOU VOORSIENER WANNEER DAAR NIKS MEER IS WAT JY KAN DOEN NIE. 
– Daar is ‘n verhaal oor Petrus die Apostel, in die Nuwe Testament. Hy is in die tronk, vasgeketting en word deur baie wagte bewaak. Die owerhede is van plan om hom die volgende dag tereg te stel. Daar is niks meer wat hy kan doen nie.
– Handelinge 12:6 – 10  ‘En toe Herodes hom wou voorbring, het Petrus in daardie nag tussen twee soldate geslaap, met twee kettings geboei, en wagte voor die deur het die gevangenis bewaak. En meteens staan daar ’n engel van die Here by hom, en ’n lig skyn in die gevangenis. Toe slaan hy Petrus op die sy, maak hom wakker en sê: Staan gou op! En die boeie het van sy hande afgeval. En die engel sê vir hom: Omgord jou en trek jou skoene aan! En hy het dit gedoen. Verder sê hy vir hom: Gooi jou bo-kleed om en volg my! En hy het uitgegaan en hom gevolg; en hy het nie geweet dat wat deur die engel plaasgevind het, werklikheid was nie, maar hy het gemeen dat hy ’n gesig sien. En toe hulle by die eerste en die tweede wag verbygegaan het, kom hulle by die ysterpoort wat na die stad lei, en dit het vanself vir hulle oopgegaan. En hulle het buitekant gekom en een straat ver gegaan, en dadelik het die engel hom verlaat.
– Petrus was by ‘n plek waar hy niks meer kon doen nie. Hy was met twee kettings vasgeketting, hy was deur baie wagte bewaak, hy was in die tronk en geoormerk vir die dood. Dit sou binnekort verby wees en daar was niks meer om te doen, behalwe om te slaap nie.
– By hierdie punt van skynbare geen omdraai nie, tree God in en voorsien ‘n merkwaardige en wonderbaarlike uitweg uit die situasie. Petrus kon dit nooit bedink nie. Trouens, dit was so ondenkbaar dat terwyl dit gebeur het, het hy gedink dat dit ‘n visioen is.
– Eerstens was daar ‘n helder lig, toe ‘n engel, toe val kettings van sy gewrigte af en toe stap hy verby al die wagte en deur ‘n geslote ysterhek wat heeltemal vanself vir hom oopgegaan het en hulle stap vry en onbestrede weg.
– Die Here was Petrus se voorsiener toe daar niks meer was wat hy kon doen nie.
– Net so wil die Here jou voorsiener wees wanneer daar niks meer is wat jy kan doen nie.
– Wanneer jy voel of jy die einde van die pad bereik het en daar niks meer is wat jy kan doen nie, kan jy steeds weet en glo dat Hy jou voorsiener is en Hy kan ‘n pad maak waar dit lyk of daar geen uitweg is nie.

5. BY DIE HOOGSTE BEPROEWING EN OFFER, SAL JY ONTDEK DAT HY JOU VOORSIENER IS.
– Abraham moes die proses deursien.
– Hy moes sy seun Isak op die berg Moria neem en ‘n altaar bou, die hout laai, sy seun vasbind, hom op die altaar plaas, die mes uithaal en homself voorberei om sy seun te offer.
– Dit was die allerlaagste, slegste moontlike oomblik van sy hele lewe. Miskien het niks sin gemaak nie, en alles het hopeloos en vrugteloos gelyk, alleen bo op hierdie berg.
– Partymaal moet ons, ons eie berg klim, ons eie kwessies en worstelinge hanteer en daar alleen met die moeilikste uitdagings moet ons tot vrede kom met wat God vir ons gesê het om te doen en daardie radikale aksie wat van ons vereis word, aanpak.
– Genesis 22:14 ‘Op die berg van die Here sal dit voorsien word.’
– Dit is in hierdie diepste en donkerste oomblikke dat ons die Voorsiener en die voorsiening sal ontdek.
– Slegs die Here verstaan die dieptes van die beproewinge wat jy moes trotseer en net Hy ken die opofferings wat jy gemaak het en in dit alles het Hy jou lief en sorg Hy vir jou en wil Hy vir jou ‘n pad maak.
– Selfs hier, en nou, sal die Here vir jou voorsien.
– Genesis 22:13 En toe Abraham sy oë opslaan, sien hy meteens ‘n ram wat agter in die bos met sy horings vasgeraak het. En Abraham het gegaan en die ram geneem en dit as brandoffer in die plek van sy seun geoffer.
– Vertrou Hom en hou jou oë oop, Sy ontsnaproete en Sy voorsiening is nie ver weg nie.
– Genesis 22:14 En Abraham het dié plek genoem: Die Here sal voorsien (Jehovah-Jireh)!  Sodat vandag nog gesê word: Op die berg van die Here sal dit voorsien word.

Afsluiting:
Onthou altyd dat die Here jou Jehovah-Jireh is – jou voorsiener. Sy getroue voorsiening kan dwarsdeur die Bybel en vandag in ons lewens gesien word. Jy mag dalk onoorkomelike uitdagings of die donkerste tyd van jou lewe moet trotseer, maar Hy bly getrou en sal voorsien. Jy mag dalk voor dreigende struikelblokke te staan kom, en selfs daarin kan jy die getrouheid van Sy teenwoordigheid en voorsiening verwag. Jy klim dalk die berg van beproewing en opoffering uit en jy voel heeltemal alleen – Hy is met jou en Sy voorsiening van verlossing is nie ver weg nie. Sien HOM, in al Sy heerlikheid as jou voorsiener. Vertrou op Sy karakter en tydsberekening. Glo en vertrou dat Hy saam met jou op jou berg sal wees en glo dat Hy jou sal onderhou deur jou beproewinge en uitdagings. Besef dat Hy saam met jou sal loop, Hy sal jou nooit faal nie. Hy sal ‘n uitweg maak en Hy sal vir jou voorsien. 

Philippense 4:19 ‘En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.’

Deur Andrew W Roebert
Hierdie notas mag gedeel word met ander.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010