A2G-logo-dark

IN DIE SKEUR VAN DIE ROTS

IN DIE SKEUR VAN DIE ROTS

SKRIFLESING:

Exodus 33:21-23Ook het die Here gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.’

1. DAAR IS ‘N PLEK VIR JOU NABY GOD
Exodus 33:21 Ook het die Here gesê: ‘Kyk, hier is ‘n plek by My …’
– Moses het ‘n begeerte en ‘n versoek gehad. Sy begeerte was om God in al Sy heerlikheid te ondervind en om die heerlikheid van God self te sien en te ervaar.
Exodus 33:18 Daarop vra hy: ‘Laat my tog u heerlikheid sien.’
– Toe die Here met Moses begin praat het, vertel Hy hom, of herinner Hy hom, aan ‘n plek waar daar die moontlikheid was om die nabyheid van God te ken. Dit was moontlik ‘n plek waar Moses dikwels gegaan het om te bid of om met God te praat – die Skrif gee ons nie presiese duidelikheid oor die plek nie. Miskien was dit ‘n plek waarmee Moses bekend was.
– Feit van die saak was dat daar waarskynlik ‘n plek of ‘n posisie, of sekere toestande was waar Moses die nabyheid van God kon ondervind.
– Die Here smag daarna om Homself vir elkeen van ons werklik te maak.
– Hy het vir jou ‘n plek voorberei wat naby Hom is.
– Hy begeer nie dat ons Hom as ver weg sal ondervind nie.
– Daar is goed, soos sonde, wat ons van God kan skei, maar daar is ook ‘n plek waar ons onsself in die regte stand met Hom kan vind, waar Sy teenwoordigheid werklik, miskien amper tasbaar, kan wees.
– Daar is ‘n plek vir jou met God!

2. GOD WIL HÊ DAT ONS IN HOM MOET STAAN
Exodus 33:21 Ook het die Here gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan…
– Ek is mal oor hierdie frase: ”n Plek waar jy … kan staan …”
– Jare gelede het ek die voorreg gehad om na Italië te reis. Ons kon van die bekende kerkgeboue sien en hul prag en praal geniet. Ons het by een gebou gekom waar ‘n lang vlug houttrappe vanaf die ingangsportaal opgegaan het. Mense het met die trappe op en af gekruip, terwyl hulle bid, huil en by God smeek. Hulle het dikwels op ‘n spesifieke trap gestop en gehuil. Terwyl ek gestaan en kyk het, was ek ontsteld dat mense kop onderstebo, nederig gesoebat het in die hoop dat God se hart op hulle  gevestig sou word. Ons het pas teruggekeer van ‘n konferensie waar ons ‘n aanraking van die Here geniet het en Sy aanwesigheid was vir my so werklik. Dit het my gesteur om nou hierdie klomp mense te sien wat soos miere op en af by hierdie trap beweeg het. Ek het besef dat hulle waarskynlikheid desperaat was en enigiets sou doen vir God om in hulle lewens in te gryp. Terwyl ek daar gestaan het, het ek net vir die Here gevra om elkeen aan te raak en vir hulle ‘n pad te maak in die situasie waarin hulle vasgevang was.
– In die verhaal van Moses sê die Here vir hom dat daar ‘n plek naby Hom is waar hy kan staan. Nie ‘n plek van soebat of rondkruip nie, maar ‘n plek waar hy kon staan omdat hy geweet het dat hy aan God behoort en dat God hom liefhet.
– Soms wanneer ons desperaat is, kan ons, ons ook tot benaderings wend wat nie is wat God vir Sy kinders bedoel het nie.
Hebreërs 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.’
Efésiërs 3:11-12 ‘volgens die ewige voorneme wat Hy opgevat het in Christus Jesus, onse Here, in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.’
– Daar is plek vir jou, naby die Here, waar jy kan staan en met vrymoedigheid in Sy teenwoordigheid kan kom.

3. HY PLAAS ONS VOETE OP VASTE GROND
Exodus 33:21 Ook het die Here gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan.
– Daar is ‘n ou gesang met die volgende woorde: ‘On Christ the solid Rock I stand, all other ground is sinking sand.’
– Die vaste Rots waarop ons kan staan is Jesus Christus ons Here.
– Die Here het vir Moses ‘n posisie van sekuriteit gegee, ‘n rots, waarop hy veilig kon staan.
– Die Here begeer nie dat ons op sinkende sand moet staan nie.
– Ons verhouding met God plaas ons op ‘n vaste fondasie.
– Die lewe kan ons soms aftrek en ons kan onsself in die modderige klei vind waar ons vassit of sukkel, maar HY kom lig ons op en plaas ons voete op vaste grond.
Psalm 40:3en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel;
– Mag jy die ROTS ken waarop jy staan. Mag jy die sekuriteit ken om op vaste grond te staan, en mag jy besef dat die Here jou pad veilig wil maak.

4. DIE HERE WIL HÊ DAT ONS SY TEENWOORDIGHEID IN ONS LEWENS MOET  ERVAAR
– Exodus 33:22 ‘En as my heerlikheid verbygaan …’
– Hier sê die Here vir Moses dat Sy Heerlikheid op die punt staan om aan hom geopenbaar te word en dat hy die Heerlikheid van God sal sien en ondervind waar dit voor hom verbygaan.
– Daar is nog ‘n ou liedjie met die volgende woorde: ‘Reach out and touch the Lord as He passes by. You will find He’s not too busy to hear your heart’s cry. He is passing by this moment your needs to supply. Reach out and touch the Lord as He passes by.
– Feit van die saak is dat God en Sy teenwoordigheid altyd gereed is om verby te gaan.
– Waar ons terugkyk in die geskiedenis en in die Bybel, sien ons hoe God se teenwoordigheid vir soveel mense ‘n werklikheid geword het.
– Met die koms van Jesus kan Sy teenwoordigheid meer as net ‘n verbygaande blik word, dit kan eerder ‘n voortdurende ervaring of werklikheid in ons lewens word.
Matthéüs 1:23 ‘Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.’
– Vandag is God met ons. Hy is met jou, en Hy wil hê jy moet Sy lewensveranderende teenwoordigheid in jou lewe ervaar.

5. DIE HERE IS JOU VEILIGE SPASIE
– Exodus 33:22 ‘…sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek…
– Daar is tye in ons lewens wanneer ons die beskerming en die hand van God baie nodig het om in ons lewens aanwesig te wees.
– In hierdie vers sien ons hoe God vir Moses van die rots waarop hy gestaan het afhaal en hom in ‘n skeur in die rots plaas.
– ‘n Skeur in ‘n rots verteenwoordig ‘n plek waar die rots gesplete is of oopgebreek het sodat daar ‘n plek is waarin jy kan ingaan waar jy beskerm en veilig kan wees..
– Dit is in hierdie plek van skuiling waar God ons ‘n gevoel van veiligheid en beskerming kan gee sodat ons op God se goedheid en teenwoordigheid in ons lewens kan fokus.
– Jesus Christus is die Een wat gebroke is sodat ons, ons lewens in Hom kon vind.
– Ons Rots was geskeur en gewond sodat ons, ons veilige plek in Hom kon vind.
– Dink aan wat Hy deurgemaak het, sodat ons ‘n veilige skuilplek kon vind.
– Hy is daardie veilige spasie waar ons die aanwesigheid en die beskerming kan ken wat net Sy hand kan verskaf.
Kolossense 3:3 ‘Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
– Laat Hom toe om jou in daardie veilige spasie te plaas wat Hy vir jou voorberei het en laat Hom toe om jou met Sy hand van beskerming en voorsiening te bedek.

6. DIE HERE WIL ‘N LEWENDE WERKLIKHEID IN JOU LEWE WEES
Exodus 33:23En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien;
– Moses het hierdie ontsagwekkende oomblik gehad toe God reg voor hom verbygegaan het en hy kon van die heerlikheid en wonder van die lewende God sien.
– In ‘n wêreld waar daar soveel negatiwiteit, boosheid en wanhoop is, wil die Here Homself ‘n realiteit vir ons maak sodat ons alles vanuit ‘n ander perspektief sal sien.
– Daar is nog ‘n liedjie met die volgende woorde: ‘Open the eyes of my heart, Lord,
Open the eyes of my heart, I want to see You, I want to see You. To see You high and lifted up, shining in the light of Your glory. Pour out Your power and love, as we sing holy, holy, holy.’
– Ek sê vir julle, wanneer Sy teenwoordigheid en die lig van Sy heerlikheid vir ons werklik is, word al die duisternis verdryf, en word ons verander.
– In daardie oomblik kom Sy Heilige Gees om Jesus vir ons werklik te maak sodat ons verander word en kan begin om Sy heerlikheid in ‘n donker en onrustige wêreld te reflekteer.
Johannes 1:14En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon — en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom — vol van genade en waarheid.’
– Mag jy van die Here meer bewus word en Hom al hoe meer in jou lewe begin ‘sien’.
– Mag Hy vir jou meer werklik word as die persoon wat langs jou sit.
– Wanneer jou lewe in Hom verborge is, in die skeur in die rots, sal Hy daardie lewende realiteit word waarna jy in jou lewe so smag.

Deur: Andrew W Roebert

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010