A2G-logo-dark

GOD SAL GOED UIT DIE KWAAD BRING

SKRIFLESING:
Genesis 50:20
Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.’

Inleiding:
– In die Ou Testament is daar ‘n merkwaardige verhaal oor ‘n man met die naam Josef.
– Hy is in ‘n groot familie gebore en Hy was die gunsteling seun.
– Hy het ‘n spesiale verhouding met God geniet en die Here het vir hom drome en visioene oor die toekoms gewys.
– Maar dit het gelyk of alles lelik skeefgeloop het.
– Hy is deur sy broers as ‘n slaaf verkoop, hy is by sy vader as dood aangemeld, hy is valslik deur sy eienaar se vrou beskuldig en hy het vergete in ‘n tronk beland.
– Tog het God keer op keer tussenbeide getree en die slegte situasie in iets unieks verander.
– In elke situasie het alles vir Josef op ‘n merkwaardige wyse uitgewerk.
– Die eindresultaat was dat God alles wat hy moes hanteer wat boos en sleg was, gebruik het om hom te posisioneer vir sukses, mag, invloed en as gevolg daarvan hom gebruik het om die lewens van baie mense te red.
– ‘n Verhaal, wat na ‘n spoor van rampspoed gelyk het, het ‘n pad na ‘n goddelike doel en bestemming geword.
– Ten einde het God alles herstel wat verlore en gesteel was en Hy het selfs die bose bedoelings van ander gebruik om Josef as ‘n voorbeeld vir elkeen van ons te maak.

1. JOSEF HET HERHAALDELIK ONGELOOFLIKE BOOSHEID TEë GEKOM, MAAR KON ELKE KEER HERSTEL.
– In die lewe kom ons almal dinge teë wat onbillik, onregverdig en selfs boos van aard mag lyk.
– Dit is maklik om te begin dink dat iemand, iets of almal teen ons is en dat niks ooit vir ons gunstig sal wees nie.
– Die vyand van ons siele wil graag sien dat ons vernietig en uitgeskakel word en hy sal enige middele gebruik om dit te bereik – selfs ‘n intieme vriend.
Johannes 10:10aDie dief kom net om te steel en te slag en te verwoes.
– Josef moes dit in ‘n groot mate trotseer, maar elke keer kon hy herstel.
– Sy gesindheid en sy bereidwilligheid om te dien het deure vir hom laat oopmaak.
– Nadat hy as slaaf aan Potifar verkoop is, het hy so gedien dat hy die hoof van sy eienaar se huishouding geword het.
– Nadat hy valslik deur Potifar se vrou beskuldig is, is hy in die tronk gegooi waar hy die owerhede en die ander gevangenes gedien het en verantwoordelik geword het vir al die gevangenes..
– Nadat hy in die tronk vergeet is, het een van die gevangenes wat hy gehelp het, vir Farao van hom vertel en hy is in een dag uit die tronk na die troon geneem.
– Josef het hierdie wonderlike vermoë gehad om nie in wanhoop en moedeloosheid te sink nie, maar om die situasie te gebruik en in elke situasie het dinge in sy guns gedraai en uiteindelik toe die regte tyd aangebreek het, was hy presies waar hy moes wees .
Johannes 10:10b  ‘Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.’
– Ons gesindhede en gewilligheid om die beste uit elke slegte situasie te gebruik, kan dinge vir ons omkeer, en met God se hulp kan dit ons gereed maak vir Sy goddelike doeleindes.

2. GOD KAN DIE TEëSPOED IN ONS LEWENS VIR SY DOELEINDES GEBRUIK
– Teëspoed is deel van die lewe.
– Josef kon vergewe word, of ten minste verstaan word, as hy ‘n toornige, seergemaakte, beledigde en depressiewe individu was.
– Hy kon homself of ander kwalik geneem het en hy kon selfs God vir sy situasie blameer het, maar hy het ‘n ander gesindheid gehad.
– Ek glo dat hy diep binne homself geglo het dat daar ‘n goddelike of ‘n dieper betekenis en doel was met dit waardeur hy moes gaan, al kon ons dit nie op daardie tydstip raaksien nie.
– As ons die geskiedenis bekyk en sien hoe God situasies omgedraai het of betekenis en doel daaraan gegee het, kan ons ook ‘n ander gesindheid hê.
– Ongeag waar die moeilikhede of die teëspoed vandaan kom, ons moet onthou dat God in beheer is van alles.
– Die Here bring nie hierdie onheil in ons lewens nie, maar diegene wat dit wel doen, berei onbewustelik die verhoog voor vir Sy planne en doelwitte om van krag te word.
– Miskien moet jy vandag teëspoed hanteer. Teëspoed kom dikwels op vele verskillende maniere.
– Selfs al voel dit onbillik en onregverdig en jy nie die doel kan sien van dit wat jy moet hanteer nie, moet jy die moed hê om te glo dat Sy hand in alles is en dat Hy dit in goed sal verander.
Romeine 8:28  ‘En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

3. MOENIE ONGEDULDIG RAAK NIE – TYD ONTHUL DINGE.
– Te midde van worsteling en teëspoed, lyk dit vir ons asof die tyd baie stadig beweeg.
– Ek onthou ’n tyd toe ons as gesin deur geweldige swaarkry en teëspoed gegaan het. Ons het die Here vertrou, ons het gebid, ons het gevas, ons het selfs profetiese aksies uitgevoer, want dit het gelyk of niks verander nie. Hierdie seisoen het sewe jaar geduur en toe binne ses maande het alles verander en ons het besef dat God iets anders in gedagte gehad het en dat Hy besig was om ons na beter dinge aan te beweeg.
– Dit is egter moeilik in die tyd wanneer dit lyk of niks verander nie. Ons kan, en word dikwels, ongeduldig, gefrustreerd en desperaat.
– Wanneer ons ongeduldig raak, kan dit daartoe lei dat ons dinge in eie hande neem en die geskiedenis wys ons dat dit dikwels is wanneer ons foute kan maak.
– Toe Josef deur sulke tye gegaan het, het hy sy gesindheid dopgehou, die beste gedoen wat hy kon, gedien en homself byna onontbeerlik in die situasie gemaak.
– Ten einde het Josef gesien hoe God se plan en doel voor sy oë ontvou en ook voor almal wat probeer het om hom te vernietig of te vergeet.
– Jou geduldige vertroue sal beloon word.

4. DIE EWIGHEID SAL DIE REDE VIR ALLE DINGE OPENBAAR.
– Soms wanneer ons na alles vanuit ons aardse perspektief kyk is dit moeilik om die doel in alles te sien.
– My oumagrootjie is op ‘n jong ouderdom (18) getroud en het vyf kinders gehad. Eendag het haar man op die ouderdom van ses-en-dertig siek geword. Hy is binne 7 dae oorlede. Hy het die Spaanse Griep van 1918 opgedoen. Sy was by sy dood teenwoordig en het gewonder oor haar eie gesondheid nadat sy aan sy siek toestand blootgestel is. Sy was afgesonder gelaat in die landelike Oos-Kaap van Suid-Afrika as ‘n klerk op die spoorweë met vyf minderjarige kinders wat wissel van 9 jaar tot 5 maande oud en sy was net dertig.
Ek het al dikwels gewonder hoe sy al hierdie teëspoed en swaarkry hanteer het. Maar God het ‘n weg gemaak en hierdie gesin deur al hierdie uitdagings gebring en haar kinders het God gevolg en vandag is daar ‘n aantal van haar kleinkinders en agterkleinkinders en selfs ‘n paar agter, agterkleinkinders wat almal in die bediening is, wat God dien en ander help om die liefde van God in hul lewens te leer ken.
Daar was geen manier dat my oumagrootjie ooit sou kon dink hoe haar familie intergenerasie deur God gebruik sou word nie. Ek is seker dat terwyl sy deur die moeilikste tye gegaan het, sy gewonder het of dit die moeite werd is. As sy geweet het dat daar later jare geslagte mense sou wees wat God dien, vanweë haar getrouheid, sou sy gesê het: ‘Ek kan dit doen! Maar nou, vanuit haar ewigheidsperspektief, is ek seker sy weet dat dit alles die moeite werd was.’
– Wanneer ons uitdagings aandurf, lyk dit op daardie oomblik baie werklik  Feit is, dit is so werklik, dat dit ons oordeel vertroebel.. Ons mag voel asof ons net bestaan of oorleef. Wat ons nie altyd besef nie, is dat ons steeds ‘n rol speel, ‘n voorbeeld stel en vir almal wat ná ons sal kom wys hoe om hul uitdagings te hanteer.
– Eendag, wanneer ons gaan om met die Here te wees, sal ons met die voordeel van die ewigheid, die betekenis van al die lewe se mees uitdagende situasies kan sien.
– Wanneer ons in die hemel kom, slegs dan sal ons ten volle verstaan hoekom ons deur sekere dinge moes gaan.
– Die verhaal van Josef is vir ons ‘n illustrasie hiervan. Terwyl hy op sy lewe teruggekyk het, kon hy die volgende sê: Want júlle het wel kwaad teen my bedink, maar God het dit ten goede gedink om te doen soos dit vandag is, om ‘n groot volk in die lewe te hou.’ (Genesis 50:20)
– Let daarop dat dit sê: ‘om ‘n groot volk in die lewe te hou.’
– Wanneer ons aan die ander kant kom, sal ons ontdek dat die uitdagings wat ons moes aandurf, nie net vir onsself alleen was nie, maar ook vir ander en meer, dat dit deel sou wees van God se groot plan om die lewens van baie mense te red en te bewaar.
– Gaan dus daarvoor – dit sal uiteindelik die moeite werd wees.
– God sal die goeie uit die kwaad bring.

Deur: Andrew W Roebert
Hierdie Notas mag met ander gedeel word

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010