DIT IS TYD OM JOU VLERKE TE SPREI

DIT IS TYD OM JOU VLERKE TE SPREI

Skriflesing:
Deuteronòmium 32:10-15

 
Sleutel Vers: 
Deuteronòmium 32:11
‘Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels —’
 
Inleiding:
– In hierdie verhaal het God groot en wonderlike dinge vir Sy mense gedoen. Hy het hulle uit gevangenskap gebring en op ‘n wonderlike wyse vir hulle voorsien. Hulle was egter nog nie gereed vir wat God vir hulle gehad het nie. Hy was besig om hulle gereed te maak vir die toekoms wat Hy reeds vir hulle voorberei het. Dit was ‘n tyd van voorbereiding. Met verloop van tyd het hulle amper in die woestyn gemaklik geraak terwyl God in werklikheid ‘n groot toekoms vir hulle voorberei het. Hy het Sy mense liefgehad net soos hulle was, maar hulle te lief gehad om hulle net te los soos hulle was.
– Net so neem die Here ons deur die seisoene van ons lewe om ons by ‘n plek te bring waar ons in al die goeie dinge wat Hy vir ons voorberei het kan intree. Dit verg egter iets van ons. Ons kan nie net sit en wag vir dinge om te verander nie. Ons moet opgewasse wees vir die geleentheid  en die  toekoms instap wat Hy voorberei het. Ons moet die verandering omhels en ons eie vlerke begin sprei sodat ons die hoogtes wat Hy vir ons het, kan bereik.

1. OM VAN DIE WILDERNIS NA DIE BERGKRUIN TE BEWEEG 
Deuteronòmium 32:10 ‘Hy het Sy volk in die woestyn gevind, in ‘n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het Sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van Sy oog.’
– In hierdie vers sien ons hoe die Here Sy volk in ‘n leë, huilende woestynland gevind het.
– Soms moet ons deur seisoene gaan waar dit lyk of niks gebeur nie. Seisoene waar ons voel of ons geen vordering maak nie en die bietjie vordering wat ons maak, word deur die loeiende winde van die lewe weggewaai.
– Selfs wanneer ons onsself in hierdie tipe seisoene bevind, is die Here steeds daar om oor ons te waak  en beskerm  asof ons vir Hom  iets  waardevol en kosbaar is.
– Maar ons moet nooit tevrede wees met die wildernis-leefstyl nie, ons moet nooit in ons wildernis gemaklik raak nie, want God het ons vir die bergkruin en verder bestem.
Deuteronòmium 32:13 ‘’ Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde…,’
– Jou bestemming is nie die huilende woestyn nie en ook nie die leë woestyn nie.
– Jou bestemming is die hoogtes van die land en die bergkruine van Sy guns.
– Die vraag is; hoe beweeg God ons van die woestyn na die bergkruin?

2. DIE HERE WEK DIE NES OP
– In hierdie geval word die prent van die arend gebruik om die proses te illustreer.
– Die arend wil nie hê haar jong kuiken moet tevrede raak op die rotsagtige rand of op die krans nie.
– Die ouer-voël weet dat daar baie meer beskikbaar is maar dat dit buite die gemak van die nes is.
– God weet dat daar baie meer vir jou is, maar dit is buite die gemak van dit waarmee jy gemaklik is, en buite dit waaraan jy gewoond geraak het en van afhanklik is.
– Dus begin die ouer-voël om die nes op te wek.
Deuteronòmium 32:11 ‘Soos ‘n arend sy nes opwek …’
– Die plek wat eens die knus, veilige en gemaklike plek was, raak ‘n bietjie disoriënterend en ongemaklik.
– Sy begin om die nes op te breek en die stokke en vere wat dit gemaklik gemaak het, rond te strooi.
– Die ouer-voël weet dat haar nageslag gereed is om te vlieg en daarom stroop sy die sekuriteit en gemak van wat voorheen was weg, sodat die jong voël verby die gemaksone kan begin kyk.
– Op dieselfde manier, wanneer die Here sien hoe Sy kinders aan die kaal rotse van die lewe vasklou en vashou aan die paar stokke van wat voorheen was, is Hy besig om ons na die afgrond en na die nuwe dimensie wat voorlê aan te hits.
– Dit is baie dikwels die manier waarop die Here ons van die woestyn na die bergkruin beweeg.

3. DIT IS TYD OM JOU VLERKE UIT TE SPREI
– Wanneer die huidige situasie of ons historiese posisie ongemaklik raak, behoort dit vir ons ‘n teken te wees dat God ons boontoe en vorentoe aanhits.
Deuteronòmium 32:11 ‘’ Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, …’
– Dit is tyd om dan jou vlerke te begin uitsprei en die volgende vordering in jou ontwikkeling te verwag.
– Die jong arend moet bang wees vir die vooruitsig om die gemaklike en veilige te verlaat vir die groot en wonderlike ‘anderkant!’
– Maar die ouer-arend is nie vêrweg nie, sy stel die voorbeeld van die vooruitsig van vlug.
– Die vers sê dat sy oor haar kleintjies sweef. Dit help om die jong voël vorentoe aan te hits, om vir hulle te wink om die volgende stap te neem, en hulle aan te moedig om haar voorbeeld te volg.
– Net so talm die Here oor jou as jy jou vlerke begin uitsprei en Hom vir meer en groter dinge vertrou.
Efesiërs 5:1 ‘WEES dan navolgers van God soos geliefde kinders;’
– Die moontlikhede van vlug vir die jong voël is soveel groter as die sekuriteit van die nes.
– Die moontlikhede wat op ons wag wanneer ons uittree, op die aansporing van God se leiding, is onbeperk – die hemel is nie eers die limiet nie.

4. DIE HERE SAL DIE HELE PAD MET JOU WEES
– Terwyl die jong arend die anderkant van die nes en na die rand van die krans aandurf, berei die ouer-voël haarself voor vir wat ook al volgende gaan gebeur.
– Net so berei die Here Homself voor om ons te help wanneer ons in geloof uittree en glo vir die volgende tree.
– Die voëltjie het nog nooit voorheen gevlieg nie en nou is dit die kritieke oomblik.
– Spring en sterf of spring en vlieg.
– Miskien sal die jong arend met die eerste poging begin val omdat hy ongewoon is om te vlieg. Die ma skiet dadelik af en vlieg onder hom in en vang hom op haar vlerke.
Deuteronòmium 32:11 ‘’ Soos ‘n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels — ‘
– As jy vrees om uit te tree en te glo, weet net dat die Here daar is om jou te vang en op te hef.
Deuteronòmium 33:27 ‘Die ewige God is ‘n skuilplek, Sy arms is altyd onder jou.’ Afr83
– Selfs as jou geloof jou faal, weet net dat Hy die hele pad met jou sal wees en Hy help jou om oor te gaan van waar jy is na die volgende graad van heerlikheid.
– Hy sal jou dra en ophef en in die proses sal Hy jou leer van die misterie van die groter en oorvloediger lewe wat Hy weet deel van jou bestemming is.
– Niemand anders kan jou deur hierdie verandering neem behalwe die Here self nie.
Deuteronòmium 32:12 ‘die Here alleen het hom gelei,…’
– Sonder Sy teenwoordigheid en Sy hulp is dit beter dat ons net bly waar ons is, maar met Sy hulp kan ons na nuwe hoogtes styg en dinge vanuit Sy perspektief sien.

5. DIE HERE HET GOEIE DINGE IN VOORRAAD VIR JOU
Deuteronòmium 32:13 ‘’ Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots; ‘
– Soms kan die toekoms skrikwekkend lyk, maar God ken die einde van die begin af.
– Hy weet, net soos die ouer-arend, dat aan die anderkant van die proses van uittree daar ‘n dimensie is wat min wesens ooit sal verstaan of ervaar.
– Die arend is geskep om tot groot hoogtes te vlieg en te sweef. Hy is ontwerp om die warmbron (die opwaartse trek van warm lug) op te vang en moeiteloos na plekke gedra te word wat feitlik geen ander voël kan bereik nie.
– Dit is vanuit hierdie goeie uitkykpunt dat hy dinge vanuit ‘n ander perspektief kan sien, ‘n begrip kan hê van hoe dinge werklik is en tot ‘n rype ouderdom te kan leef.
– Terwyl jy jou vlerke uitsprei en begin uittree in geloof en vertroue in God, kan jy verwag dat Hy jou sal oplig en jou sal bevorder tot die nuutheid van die lewe.
– Hoekom sal jy tevrede wees om aan die aarde se kaal rotse vas te klou, of om ‘n oomblik langer in die huilende leegte te bly, of om nog een dag in die wildernis deur te bring, terwyl jy kan en ontwerp is om soos ‘n arend te vlieg?

6. MOET NOOIT VERGEET WAT GOD VIR JOU GEDOEN HET NIE
– Terwyl die Here jou in ‘n nuwe seisoen en in ‘n ander dimensie vorentoe neem, is dit so belangrik dat jy onthou waar jy vandaan gekom het en hoe die Here jou gehelp en op gehou het.
Deuteronòmium 32:12 ‘die Here alleen het hom gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.’
– Ons moet onsself daaraan herinner dat dit God en God alleen is wat ons tot by hierdie punt gebring het en dit is Hy en Hy alleen wat met ons sal wees en ons vorentoe en opwaarts sal neem.
– Enige sukses wat ons mag geniet, is aan wat God in ons lewens gedoen het te danke en nie ons eie toedoen nie, en ook nie die  tedoen van enige ander invloed of krag in ons lewens nie.
– Dit is alles aan God te danke!
– Die Israeliese volk het die fout gemaak om te dink dat hulle die ‘krag vir verandering’ in hul situasie was en het die seën en die hand van God as vanselfsprekend begin aanvaar.
– In die proses het hulle die veld wat hulle gewen het verloor en die guns en seëninge van God verloor, en dit het swaarkry in hul lewens gebring.
Deuteronòmium 32:15 ‘Toe het Jesúrun vet geword en agterop geskop — jy het vet geword, dik geword, spekvet geword — en hy het God verwerp wat hom gemaak het, en die steenrots van sy heil geminag.’
– Moet nooit die hand van God in jou lewe onderskat nie.
– Moet nooit afskryf of verontagsaam wat God gedoen het en hoe ver Hy jou gebring het nie.
– Bly nederig en bly aan die Here jou God verbonde en Hy sal aanhou om die goeie werk te doen wat Hy in jou begin het.
Filippense 1:6 ‘omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;’
– Dit is tyd om jou vlerke uit te sprei en die nuwe dinge wat God in jou lewe wil doen te omhels – dit is alles deel van Sy goeie plan vir jou!

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010