DIE GESKENK WAT DIE WÊRELD VERANDER HET

DIE GESKENK WAT DIE WÊRELD VERANDER HET

Inleiding
– Hierdie is ‘n wonderlike tyd van die jaar – ‘n tyd wanneer ons die wonderlikste geskenk ooit vier: die geskenk van Jesus aan die wêreld.
– Mag hierdie seisoen een wees waar julle die teenwoordigheid van God diep in julle tuistes en harte voel.
– Hierdie wonderlikste geskenk ooit —Jesus—is vir elkeen van ons gegee, ’n geskenk wat lig in die duisternis en hoop vir ’n moeë wêreld gebring het.
– Soos wat Mariah Carey se “One Child” ons herinner:
“The fate of a world in the palm of one child, the hope of a people in His tiny hands.”
– Kom laat ons onthou terwyl ons geskenke aan mekaar gee, dat die ware geskenk in Jesus Christus gevind word.
Jesaja 9:5-6 ‘Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors — tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde,…’
– Liefde het gekom vir die wêreld om te ken.

1. DIE WONDERLIKSTE GESKENK AAN MARIA
Lukas 1:28-35 ‘En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou; geseënd is jy onder die vroue. En toe sy hom sien, was sy baie ontsteld oor sy woord, en sy het daaroor nagedink wat hierdie groet tog kon beteken. En die engel sê vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van Sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan Sy koninkryk sal daar geen einde wees nie. Toe sê Maria vir die engel: Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word.‘
– Vele het verlang na wat met Maria sou gebeur.
– Sy is gekies om die Messias te dra.
– Die Bybel beklemtoon drie dinge oor Maria:
1. Sy was ‘n begenadigde vrou.
2. Die Here was met haar.
3. God het besluit om haar wonderlik te seën.
– Die wonderlikste geskenk ooit aan Maria was die feit dat sy die hoop van die wêreld sou dra.
– Dit herinner ons aan hoe een Kind sulke lig vir die hele mensdom kon bring.

2. DIE WONDERLIKSTE GESKENK AAN DIE ENGELE
– Dit moes ‘n opwindende tyd vir die engele gewees het—Die hemel het gegons van afwagting.
– Gedurende hierdie seisoen sien ons die grootste hoeveelheid engele-aktiwiteit: besoeke aan Maria, Josef en die herders.
Lukas 1:38  ‘En Maria sê: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens U Woord. En die engel het van haar weggegaan.’
Lukas 2:10-11 ‘En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. ‘
– Die engele het verkondig dat hoop gekom het, en die waarheid het weergalm dat alles verander  “Wanneer ‘n wonderwerk in die vorm van ‘n Kind kom.”
– Stel jou voor dat jy gebruik word om aan te kondig dat Jesus op aarde was!

3. DIE WONDERLIKSTE GESKENK AAN DIE HERDERS
Lukas 2:8-15En meteens staan daar ‘n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is. En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip lê. En skielik was daar saam met die engel ‘n menigte van die hemelse leërskare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae! En toe die engele van hulle weggegaan het na die hemel, sê die herders vir mekaar: Laat ons dan na Betlehem gaan en hierdie ding sien wat gebeur het, wat die Here aan ons bekend gemaak het.”
– Dit was sekerlik ‘n nag wat anders as ander nagte vir die herders was.
– Die herders/skaapwagters het ‘n buitengewone nag beleef:
’n Engel het aan hulle verskyn.
Die landskap het met God se heerlikheid geskyn.
’n Engel het met hulle gepraat.
’n Menigde engele het gesing.
– Die herders, hoewel nederig en oor die hoof gesien, is gekies om die eerste getuies van Christus se geboorte te wees en die waarheid te ervaar dat “Een Kind die wêreld kan verander.”
– Die wonderlikste nag sou ‘n nag wees waarheen die herders genooi is.

4. DIE WONDERLIKSTE GESKENK AAN DIE WYSE MANNE
– Die wyse manne het die tekens dopgehou, en hulle het ver gereis om die Verlosser te ontmoet.
– ’n Ster wat verskyn het, het hulle getrek.
– ’n Ster wat hulle na die Messias sou lei.
Matthéüs 2:1-11EN toe Jesus te Betlehem in Judéa gebore is, in die dae van koning Herodes, het daar wyse manne uit die Ooste in Jerusalem aangekom en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom; en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word. En hulle het vir hom gesê: Te Betlehem in Judéa, want so is daar deur die profeet geskrywe:  En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ‘n leidsman voortkom wat vir my volk Israel ‘n herder sal wees. Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra; en hy het hulle na Betlehem gestuur en gesê: Gaan doen noukeurig ondersoek na die Kindjie, en as julle Hom vind, laat my weet, sodat ek ook kan gaan en Hom hulde bewys. En nadat hulle die koning aangehoor het, het hulle vertrek. En kyk, die ster wat hulle in die Ooste gesien het, gaan voor hulle uit totdat hy kom en bly staan bo-oor die plek waar die Kindjie was. En toe hulle die ster sien, het hulle hul met baie groot blydskap verheug. En hulle het in die huis gegaan en die Kindjie by Maria, Sy moeder, gevind en neergeval en Hom hulde bewys. Daarop maak hulle hul skatte oop en bring vir Hom geskenke: goud en wierook en mirre.’
– Hulle het die lig gevolg om die Lig van die Wêreld te vind, en die waarheid te vervul dat Jesus vir almal gebore is—ryk of arm, naby of ver.
– Vandag soek wyse manne Hom nogsteeds.

5. DIE WONDERLIKSTE GESKENK OOIT AAN DIE EIENAAR VAN DIE HERBERG
– Daar was ‘n man wat ‘n herberg besit het.
– Min het hy geweet dat daardie nag sou daardie Verlosser van die wêreld na sy deur toe kom.
– Die wonderlikste geskenk ooit is by sy drumpel afgelewer. Maar hy het geen plek vir Hom gehad nie.
– Daar is vandag nogsteeds baie wat geen plek in hul harte vir die wonderlikste geskenk ooit, het nie.
Lukas 2:6-7  ‘En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
– Miskien is die deur van jou hart gesluit vir die wonderlikste geskenk ooit.
– Sal jy dit nie oorweeg om jou hart oop te maak en die wonderlikste geskenk ooit in jou lewe toe te laat nie?

6. DIE WONDERLIKSTE GESKENK AAN DIE WERELD
– Vreugde aan die wêreld die Here het gekom.
– Dit was toe die boodskap van die engele,  en niks het verander nie.
– Dit is nogsteeds die wonderlikste nuus.
– Die wonderlikste Geskenk aan die wêreld is in Bethlehem gebore en Hy is vandag nogsteeds vir ons beskikbaar.
Jesaja 9:5-6 ‘Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors  tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde …’
– Jesus bly steeds die wonderlikste geskenk wat die wêreld nog ooit ontvang het.
– Die geboorte van Jesus is die geskenk wat die koers van die mensdom verander het. Soos die lied sê, “The hope of a people in His tiny hands,” is Jesus die hoop van die wêreld.

7. DIE WONDERLIKSTE GESKENK VIR DIE MAN IN DIE TEMPEL
– Vir my is die verhaal van Simeon een van die wonderlikste stories ooit.
– Hy het geweet, gewag en verwag dat Jesus sou kom.
– Dit het gebeur soos hy gehoop het.
Lukas 2: 25-33 ‘EN daar was ‘n man in Jerusalem met die naam van Símeon; en hierdie man was regverdig en vroom en het die vertroosting van Israel verwag, en die Heilige Gees was op hom. En aan hom was dit deur die Heilige Gees geopenbaar dat hy die dood nie sou sien voordat hy die Christus van die Here gesien het nie. En hy het deur die Gees in die tempel gekom; en toe die ouers die Kindjie Jesus inbring om met Hom te handel volgens die gebruik van die wet, het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê — ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van U volk Israel. En Josef en sy moeder het hulle verwonder oor die dinge wat van Hom gesê is.
– Hier het die man wat so lank hiervoor gewag het, die hoop van die wêreld in sy hande gehou.
– God wil Homself vandag vir jou gee.

8. DIE GROOTSTE GESKENK AAN MY EN JOU
– Die wonderlikste vreugde is om Jesus se liefde in ons eie harte te ken.
Johannes 3:16 – 17Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het Sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
– God het Sy enigste Seun gegee.
– Dieselfde geskenk word vandag aan jou aangebied.
– Jy moet Hom nognet ontvang.
– Die geskenk van Jesus is vir my en jou.
– God het Sy Seun gegee, en dit is vir ons om Hom te ontvang en die lewe wat Hy aanbied, te omhels.

9. GOD MET ONS IS GOD SE GESKENK AAN ONS
Mathéües 1:23 ‘Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n Seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons.’
– Jesus het vir ons kom wys dat God met ons is.
– Ons kan die blywende teenwoordigheid van God in ons lewens ken.
– God is nie van plan om ons te begewe of verlaat nie.
Deuteronòmium 31:6Wees sterk en vol moed; wees nie bevrees en word nie verskrik vir hulle nie; want dit is die Here jou God wat saam met jou trek; Hy sal jou nie begewe of verlaat nie.’
– Niks kan ons skei van Sy liefde vir ons nie.
Romeine 8:35-39  ‘Kan iemand keer dat Christus lief is vir ons? Nee, nooit nie! Niemand kan dit keer nie, nie wanneer ons swaarkry nie, nie wanneer ons bang is nie, nie wanneer mense ons verdruk nie, nie wanneer ons honger is nie, nie wanneer ons niks klere het nie, nie wanneer ons vyande het nie, nie wanneer mense ons wil doodmaak nie. Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Mense hou aan om ons dood te maak omdat ons aan U behoort. Hulle maak of ons slagskape is. God is lief vir ons, daarom wen ons altyd wanneer al hierdie slegte dinge met ons gebeur. Ek weet één ding: God is lief vir ons. Christus Jesus, ons Here, het dit vir ons gewys. Daar is niks wat God se liefde kan wegvat van ons nie, nie die dood nie, niks wat lewe nie, nie engele nie, niemand en niks wat oor die wêreld wil regeer nie, niks wat nou daar is nie, niks wat later daar sal wees nie, niks wat sterker as mense is nie, niks bokant die aarde en niks onder die aarde nie, niks en niemand nie!
Wie sal ons skei van die liefde van Christus — verdrukking of benoudheid of vervolging of honger of naaktheid of gevaar of swaard? Soos geskrywe is: Om U ontwil word ons die hele dag gedood, ons is gereken as slagskape. Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie. Afr53
– Die geskenk van Jesus en Sy liefde vir jou is nogsteeds vir jou beskikbaar.
– Soos Mariah Carey se liedjie weerspieël: “One child that saves us, each one of us.”

Gevolgtrekking
– Hierdie Kersfees, kom ons onthou die geskenk wat die wêreld verander het.
– Die geboorte van een kind—Jesus Christus—het lig, hoop en verlossing vir die ganse mensdom gebring.
– Mag Sy liefde julle harte en julle tuistes hierdie seisoen vul.

Deur: Andrew W Roebert
Hierdie notas mag met ander gedeel word.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010