A2G-logo-dark

BEWEEG VORENTOE NA DIE TOEKOMS

BEWEEG VORENTOE NA DIE TOEKOMS

INLEIDING:
Een van die grootste sleutels tot sukses in die lewe is die vermoë om in dit wat voorlê vorentoe te kan gaan, weg van die verlede met sy sukses of mislukking. Hoe dikwels lewe ons nie in die verlede nie. Dit is ‘n moeilike konsep, want ons enigste verwysingsraamwerk is die verlede en tog kan ons verlede ons grootste hindernis word. Ek ken ‘n dame wat gedurende die Tweede Wêreldoorlog geleef het en dit het ‘n baie diep uitwerking op haar gehad. As gevolg daarvan dat niks in daardie tyd  beskikbaar was nie, moes alles net ingeval, gehou word. Alhoewel sy nooit gebrek gely het nie, kon sy nie hierdie ‘in geval’-houding afskud nie. In die proses het sy lewenslank goed opgegaar, waarvan sy die meeste nooit gebruik of geniet het nie. Toe dit tyd word om na ‘n aftreeoord te verhuis, moes die meeste van die goed deur familielede weggedoen word, grotendeels tot die hartseer van die dame! Dit is so maklik om in die verlede te lewe en in die proses kan ons verlede (hoe goed of sleg ook al) ons beroof van ons huidige en toekomstige vryheid. 

1. DIE TRUSPIEЁL

Ons suksesse en mislukkings in die verlede kan ons grootste hindernis wees. Ek het ‘n storie gehoor van ‘n ouer bekwame motorrenjaer wat besig was om ‘n nuwe potensiële renjaer op te lei. Toe hulle in die renmotor klim, het die ouer renjaer die jonger man ‘n waardevolle les geleer. Voordat hy eens die motor aangesit het, het hy die truspieël gegryp en dit afgeruk en by die venster uitgegooi. Hy het gesê wat agter jou is, is agter jou en jy sal nooit ’n wedloop wen as jy jou besig hou met wat agter jou of in jou verlede aangaan nie. Jy wen ‘n wedloop deur vorentoe na die doel te kyk. Dit was al waaroor hierdie nuwe renjaer besorg moes wees. In ‘n sekere sin is hierdie les van toepassing op ons alledaagse lewe. Wanneer ons ‘n motor bestuur, kan ons nie voortdurend gefokus wees op wat in die truspieël aangaan nie. Dit sal ons verseker in ‘n ongeluk laat beland. Ons moet fokus op wat voorlê. Hoeveel tyd verspil jy deur in die truspieël van die lewe te kyk? Ons moet radikaal wees. Ons moet ophou om op die bietjie wat ons deur die truspieël kan sien te fokus en begin om deur die voorruit te kyk, dit is baie groter as die truspieël en dit is die venster op alles wat voorlê.

2. VERGEET DIE VORIGE

Die Bybel is redelik radikaal oor die raad wat dit ons gee oor hoeveel fokus die verlede moet ontvang. 
Jesaja 43:18 Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
Dit klink ‘n bietjie radikaal, maar miskien is dit wat God wil hê dat ons moet doen. Dit is ‘n ander manier om te sê: ‘Raak ontslae van die truspieël’! Hierdie vergeet van die vorige dinge sluit in om nie terug te kyk nie. Wanneer ons terugkyk kyk ons terug na goeie tye, spyt, vreugdes en teleurstellings. Ek wil jou aanmoedig om te hanteer wat jy kan hanteer, reg te stel wat jy kan regstel en begin om vorentoe te beweeg. God begeer dat ons toekoms beter moet wees as ons verledes. 
Jeremia 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.

3. DRUK DEUR

Elke dag bied sy eie geleenthede en opsies. Om ‘n voorwaartse benadering te hê, beteken dat ons aanhou om deur te druk. Hekkies en struikelblokke is deel van die lewe. Ons moet deur dit wat reg voor ons is, beweeg en deur druk wetende dat God wonderlike dinge vir ons in die vooruitsig het.
Filippense 3:14 …en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te verkry van die hoë roeping van God in Christus Jesus.
2 Korinthiërs 4:16-18 DAAROM gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag ná dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir ‘n oomblik is, bewerk vir ons ‘n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid; omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.
Om deur te druk spreek van vasberadenheid en deursettingsvermoë. Dit is dinge wat God in ons lewens wil sien en dinge wat God beloon.

4. REIK VORENTOE

Ons moet ‘n ‘vooruitreik’-houding hê. Hierdie gesindheid sluit die vermoë in om die nuwe en die dinge wat voor ons lê, te omhels. Die Bybel sê vir ons dat God ‘n oop deur voor ons gestel het, maar dit help nie om na die deur te staar of by die deur uit te kamp nie. Ons moet deur die deur beweeg na die volgende ding wat God vir ons het. Ek het mense gesien wat so lank by ‘n oop deur van geleentheid uitgekamp het dat wanneer hulle uiteindelik besluit om deur die deur te beweeg, dit toegemaak het. Ons moet vra en aanhou vra, ons moet soek en aanhou soek, ons moet klop en aanhou klop en ons behoort vorentoe te reik en voortdurend vorentoe te reik. Om vorentoe te reik of grond te vat (besit) is deel van die lewe wat God vir jou het! Dit geld vir alle aspekte van ons lewens.
Filippense 3:13 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is,
Die uitdaging is om dit die een ding wat ons doen, te laat word!

5. DIE DINGE WAT VOORLê

Wat presies lê voor?  Die antwoord is dat ons net nooit weet nie. Wie nie waag nie wen nie. Hier is egter vier dinge: 
1. Oop deure!
Openbaring 3:8 Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie,…
2. Verskillende goed.
Filippense 3:13 Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is
3. Nuwe goed.
Isaiah 43:19 Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie?
4. Onwaarskynlike dinge.
Isaiah 43:19 Ek maak ‘n pad in die woestyn, riviere in die wildernis.

6. MOENIE TERUGKYK NIE

Hierdie aspek van uitsien na wat mag voorlê en nie op die verlede fokus nie, is die sleutel om sukses te geniet. Dit moet ons doel en ons strewe word. Iets waarna ons streef. Dit moet ‘n daaglikse fokuspunt wees sodat ons nie in die strik trap nie!
Filippense 3:13 Maar een ding: [dit is my een strewe] ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is
Die Bybel gee eintlik ‘n streng waarskuwing aan diegene wat lewe en voortdurend oor hul skouer na die verlede bly kyk.
Lukas 9:62 En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.

7.   DIE DOEL

God soek nie ‘tru-spieël’ gefokusde mense nie. God soek diegene wat vorentoe sal tree, vol vertroue dat God reeds daar is. Ons moet die goeie stryd veg en wen.
2 Timòtheüs 4:7 Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.
Ons moet die wedloop hardloop en dit voleindig. Ons moet God beter leer ken en alles geniet wat Hy vir ons het. Hy sal ons nie teleurstel nie!
Hoséa 6:3 En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; Sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei.
Die belofte is dat, terwyl ek en jy deurdruk, God sal reageer en in ons lewens sal arriveer. Kom ons kyk nie altyd in die truspieël van ons lewens nie, maar kom ons gryp vandag vas en benut dit, terwyl ons God vertrou met die groot prentjie en Hy dit openbaar en stukkie vir stukkie aan ons gee, met elke tree wat ons gee.!

Deur: Pastoor Andrew W. Roebert
Hierdie notas mag gedeel word met ander.

Share
Subscribe-to-daily-thoughts

Subscribe to our Daily Thought service via email

Mini Magazine

We have just completed our latest issue of the ALIVE MAGAZINE. You will find it full of material and articles that we are sure will inspire and encourage you!

Support

You can also support us in the following ways

You can pray. We value your prayers for this ministry. Pray that God would bless it, and enlarge its influence.(1 Chronicles 4:10).

Help us to expand the influence and effect of this ministry by telling your friends, family and colleagues of its existence and promoting it wherever you can.

Banking details

Account name

Alive To God

bank

Standard Bank

branch

Menlyn

branch code

012345

account number

411338196

Account type

Transmission (Cheque)

Additional information for international purposes
Swft number

SBZAZAJJ

Bank address

Box 35432, Menlo Park,
Pretoria, Gauteng,
South Africa, 0010