1 Samuel 7:12
‘Tot hiertoe het die Here ons gehelp.’
– Dikwels wanneer ons stop en terugkyk, kan ons God se getrouheid sien.
– Elke tree van ons reis word deur Sy leidende hand gekenmerk.
– Hy het jou tot by hierdie punt gedra, beskerm en vir jou voorsien.
– God, Wie voorheen getrou was, sal in die toekoms getrou bly.
Gebed: Vader, dankie dat U my gedra het en my tot by hierdie punt in my lewe gebring het. Alhoewel ek nie altyd verstaan hoekom ek alles moes hanteer wat ek moes nie, weet ek dat U my altyd onderhou het en dat U getrou aan my was. Amen.