Jesaja 46:4
‘en tot die ouderdom toe is Ek dieselfde, ja, tot die grysheid toe sal Ek julle dra; Ek het dit gedoen, en Ék sal julle opneem, en Ék sal dra en red.’
– Die Here se liefde en sorg vir jou sal nooit tot ‘n einde kom nie.
– Jy kan elke dag van jou lewe verwag dat Hy jou sal dra.
– In die valleie en op die bergpieke is Hy nog met jou.
– Gee dus jou lewe vir Hom en plaas jou toekoms in Sy hande.
Gebed: Vader, dank U dat U altyd daar is en dat U altyd met my is. My lewe is veilig in U betroubare hande. U het my geskep en U sal vir my sorg, ek hoef dus niks te vrees nie. Amen.