1 Korinthiërs 1:27
‘maar wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies om die wyse te beskaam; en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies om wat sterk is, te beskaam;’
– Dit gee God groot vreugde om die onwaarskynlike te gebruik.
– Ons swakheid of gebrek aan vermoë is vir God geen hindernis nie.
– Hy gebruik daardie swakheid om Sy krag te openbaar.
– Jy is ‘n perfekte kandidaat om deur God gebruik te word – laat Hom toe om jou te gebruik.
Gebed: Vader, dankie dat U altyd potensiaal in my sien, selfs al voel ek nie soos die beste kandidaat vir die taak nie. Gebruik my lewe om U krag te demonstreer en om eer aan U Naam te bring. Amen.