Efesiërs 2:10
‘Want ons is Sy maaksel, …’
– God werk in jou lewe en jy is Sy maaksel.
– Die feit dat God so in ons lewens belangstel, is ‘n voorbeeld van Sy genade.
– Ons is nie perfek nie, maar God werk in ons en Hy maak meesterstukke van ons lewens.
– Laat Sy wil in jou lewe toe en kyk watter wonderwerke Hy sal doen.
Gebed: Vader, ek plaas vandag my lewe in U bekwame en meesterlike hande. U kan alles neem en dit na die plan herstel wat U altyd daarvoor gehad het. Mag my lewe soos klei in die hande van die pottebakker wees. Vorm my en maak my iemand wat U tot U eer en heerlikheid kan gebruik. Amen.