1 Korinthiërs 10:13
‘…maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.’
– Die Here sal jou nie los nie.
– Hy sal jou nie verlaat nie en Hy sal jou nie in die steek laat nie.
– Hy sal ook die ‘uitkoms’ voorsien.
– Hy sal jou nie versaak of verlaat nie, want Hy is getrou.
Gebed: Vader, dankie dat U my getroue Vader is. U sal my stewig in U greep vashou en U sal my help om te oorwin, want dit is U wat die uitkoms voorsien. Amen.