Matthéüs 14:29-30
‘Petrus ….loop op die water om na Jesus te gaan. Maar toe hy die sterk wind sien, het hy bang geword…’
– Vrees kan ons daarvan weerhou om te ervaar dit wat God vir ons het.
– Dinge kan onseker en wisselvallig lyk wanneer ons daarop fokus.
– Maar as ons aanhou om op die Here te fokus, sal Hy ons realiteit word.
– Moenie toelaat dat probleme jou aandag aflei nie, hou jou oë op Hom gerig.
Gebed: Vader, help dat my aandag nie deur die dinge wat my wil oorweldig, afgelei word nie. Ek kies om my oë op U te rig en al my aandag op U te fokus. Help my om die pad tot in U arms te vind. Amen.