Filippense 4:8
‘Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.’
– Ons gedagtes en waaraan ons dink beïnvloed ons lewens grootliks.
– Ons kan angstige gedagtes dink of ons kan ons gedagtes op beter dinge fokus.
– Ons het ‘n keuse oor waarop ons fokus sal wees.
– Kies vandag om jou gedagtes met die goedheid van God teenoor jou, te vul.
Gebed: Vader, ek kies om vandag my fokus en gedagtes op U te vestig. Ek kies hoop bo wanhoop, ek kies geloof bo vrees en ek kies om op U en U goedheid te fokus in plaas daarvan om op negatiwiteit en twyfel te fokus. Amen.