Rigters 6:12
‘Die Here is met jou, dapper held!’
– God sien krag en potensiaal in ons, selfs wanneer ons swak voel.
– Sy teenwoordigheid verander gewone mense in magtige krygers.
– Wanneer die Here met ons is, verloor vrees en twyfel hul krag.
– Met God, is jy sterk!
Gebed: Vader, dankie dat my ware krag nie in myself lê nie, maar in U wat langs my staan. Help my om myself te sien soos U my sien. Help my om te vertrou op U krag wat in en deur my werk. Amen.