Psalm 68:19
‘Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil!’
– Elke dag is nog ‘n geleentheid om te weet dat God jou sal dra.
– Ons kan dankbaar wees dat HY ons so help.
– Hy tel ons op en dra die vrag vir ons.
– Moenie alles self dra nie, gee dit vir Hom en vra Hom om jou te help.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U my dag na dag dra en help om die laste wat ek dra ligter te maak. Ek kies om op U te vertrou met die kwessies en besorgdhede in my lewe. Amen.