Exodus 23:26
‘Daar sal geen misdragtige of onvrugbare in jou land wees nie. Ek sal die getal van jou dae vol maak.’
– Jy kan op God se voorsiening en sorg vertrou.
– Hy kan enige vloek omkeer en wonderbaarlik ingryp.
– Sy plan is dat jou lewe nie kortgeknip sal word nie.
– Met Sy seën wil Hy vir jou ‘n volle lewensduur gee.
Gebed: Vader, dankie vir U getrouheid teenoor my en vir U getroue beloftes. Dankie dat U beskerming en voorsiening verseker. Amen.