Spreuke 16:9
‘Die hart van die mens dink sy weg uit, maar die Here rig sy voetstappe.’
– Die treë van ‘n goeie man word deur die HERE bepaal.
– Die Here verlustig Hom in elke detail van jou lewe.
– Laat God in die daaglikse besluite en rigting wat jy neem, betrokke wees.
– Die ‘treë’ impliseer nie net die bestemming nie, maar ook die reis.
Gebed: Vader, dankie vir die visioene, drome en hoop wat U in my hart geplant het. Ek besef dat ek niks sonder U hulp en leiding kan bereik nie. Ek bid dat U my sal lei en begelei. Amen.