Johannes 1:40
‘Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly.’
– Om tyd met God deur te bring is die allerbeste waaraan jy, jou tyd kan bestee.
– Wanneer laas het jy tyd aan God gewy en dit met Hom spandeer?
– Die lewe hou ons baie besig met rond jaag om alles af te handel wat gedoen moet word.
– Maar ons siele het tyd met Hom nodig, laat ons Hom dus ons prioriteit maak.
Gebed: Vader, dank U dat ek U teenwoordigheid in my daaglikse lewe kan geniet. Help my om nie so vas gevang deur die eise van die lewe te word nie, dat ek vergeet dat U met my is. Mag ek meer bewus van U teenwoordigheid wees as van die probleme wat ek moet hanteer. Amen.