Psalm 18:31
‘Die weg van God is volmaak; die Woord van die Here is gelouter; Hy is ‘n Skild vir almal wat by Hom skuil.’
– Jy kan op die onfeilbare beloftes van God vertrou.
– Jy kan totaal op Sy Woord aan jou, reken.
– Hy is jou Skild en beskerming.
– Vind jou sekuriteit in God, Hy sal jou nie faal nie.
Gebed: Vader, my siel vind rus en sekuriteit in die wete dat ek op U en in U beloftes aan my, kan vertrou. Ek bid dat U ‘n Skild om my sal wees en dat ek die versekering sal hê dat U my beskerm en lei. Amen.