Exodus 3:12
En Hy (die Here) antwoord: Ek sal met jou wees,’
– Die Here belowe om vandag met jou te wees.
– Sy getrouheid en ondersteuning sal nie van jou onttrek word nie.
– Hy het belowe om vir ewig met Sy mense te wees en dit sluit jou in.
– Jy sal nie alleen of verlate wees nie, Hy sal met jou wees.
Gebed: Vader, dankie vir U belofte en onderneming om met my te wees. Dit is wonderlik om te weet dat U teenwoordigheid met my sal gaan en dat ek sal weet wat dit beteken om deur my God gedra te word. Amen.