Psalm 100:4
‘Gaan Sy poorte in met lof, Sy voorhowe met lofgesang; loof Hom, prys Sy Naam.’
– Elke dag is nog ‘n geleentheid om weer die regte voet voor te sit.
– Elke nuwe dag gee jou ‘n vars kans om goed te begin en beter keuses te maak.
– Dit is ook ‘n nuwe geleentheid om in die regte rigting vorentoe te beweeg.
– Tenspyte van wat gister gebeur het, vandag is ‘n nuwe geleentheid om weer te begin.
Gebed: Vader, vandag kies ek om met danksegging en lofprysing te begin. Dankie vir nuwe genade en vars geleenthede. Help my om in die regte rigting vorentoe te beweeg en U te eer in alles wat ek doen. Amen.