Psalm 37:5 NLV
‘Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.’
– Dit is baie belangrik om ons lewens en ons besluite aan God toe te vertrou.
– Die verloop van die lewe is nie altyd glad nie en daarom het ons God nodig.
– Gee jou laste aan Hom en vertrou jou planne aan Hom toe.
– Hy sal jou help, en Hy sal jou daardeur lei.
Gebed: Vader, ek neem vandag hierdie oomblik om my sorge en bekommernisse op U oor te laai. Ek gee my planne in U almagtige hande oor en ek sal op U vertrou. Help my, net soos U belowe het. Amen.