Psalm 52:11
‘Vir ewig sal ek U loof, omdat U dit gedoen het; en ek sal U Naam verwag, want dié is goed, in teenwoordigheid van U gunsgenote.’
– Ons kan vir ewig dankbaar wees vir die Here se ingryping in ons lewens.
– Dit is die Here wat jou bewaar en wat jou red.
– Miskien staan jy op die rand van ‘n ramp, maar Hy kan jou terugtrek.
– Dank Hom dat Hy jou in die verlede gehelp het en glo dat Hy jou in die toekoms ook sal help.
Gebed: Vader, ek wil vandag ‘n oomblik neem om U te bedank vir al die kere wat U my in die verlede gered en verlos het. U is ‘n getroue Beskermer in my lewe en ook wanneer moeilikheid opdaag. Ek sal vir ewig dankbaar en verwagtend wees. Amen.