Psalm 34:19
‘Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees.’
– Die lewe kan ons dikwels verpletter en gebroke laat voel.
– Hierdie toestande verwyder God nie van ons nie, hulle lok Sy teenwoordigheid.
– Hy is die Een wat gedurende moeilike tye naby kom om te genees en te herstel.
– Net wanneer ons onsself wil afskryf, kom Hy om ons te vergewe en te red.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat selfs wanneer ek uitdagings moet hanteer, U hand steeds daar is om my op te tel. Vandag is U met my en U is gereed om my siel te help, te genees en te herstel. Amen.