Psalm 27:1a
‘Die Here is my lig …’
– Ons het die lig wat van God af kom om ons lewens te oorstroom so baie nodig.
– In die duisternis van die lewe het ons Sy leidende lig nodig om lig op ons pad te bring.
– Dit is Sy lig wat die hopeloosheid en wanhoop verjaag.
– Kom ons lewe en wandel in Sy lig en kom ons gee nooit vir die duisternis ‘n vastrapplek nie.
Gebed: Vader, dank U vir U lig wat my lewe met hoop en rigting oorstroom. Mag U lig my omring en vir my die nodige troos en perspektief bring wat ek elke dag van my lewe nodig het. Amen.