Numeri 3:38 NLV
‘Moses, Aäron en sy seuns wat namens die Israeliete by die tabernakel diens moes doen, het aan die oostekant van die heiligdom gebly, aan die kant waar die son opkom’
– Hou jou gesig na die sonsopkoms en die hoop op ‘n nuwe begin.
– Die Here gaan voor jou uit en berei die pad voor.
– Moenie voortdurend na die verlede terugkyk nie; kyk met geloof vorentoe.
– ’n Nuwe dag kan vars hoop, genesing en nuwe geleenthede bring.
Gebed: Vader, dankie dat U voor my uit gaan en die weg voorberei. Ek fokus op U. Help my om die verlede agter my te laat en met geloof en verwagting vorentoe te kyk. Laat U lig op my skyn en bring nuwe hoop en genesing in my lewe. Amen.