2 Timòtheüs 4:2
‘…; hou aan tydig en ontydig;..’
– Ek en jy is deur God geroep om gereed te wees om vorentoe te tree.
– As ons vir perfekte toestande wag, mag ons dalk nooit doen wat ons geroep is om te doen nie.
– Ons voel dikwels dat ons net kan vorentoe beweeg wanneer toestande reg is.
– Maar God kan jou in jou beste en in jou swakste oomblikke gebruik.
Gebed: Vader, ek kies vandag om my lewe weer aan U te onderwerp. Ongeag hoe ek mag voel, wil ek altyd gereed wees sodat U my lewe kan gebruik en sodat my lewe ‘n doel en betekenis kan hê. Amen.