2 Korinthiërs 12:9
‘En Hy het vir my gesê: My genade is vir jou genoeg, want My krag word in swakheid volbring.’
– God se genade teenoor jou, kan jou deur elke wosteling dra.
– In ons oomblikke van swakheid kan Sy sterkte en krag deurskyn.
– Laat ons dus staatmaak op en vashou aan Sy genade wat Hy ons aanbied.
– Terwyl ons op Hom vertrou, sal Hy alles wees wat ons nodig het en Sy plan sal volmaak word.
Gebed: Vader, dank U dat U genade nou genoeg is, dit is vir my voldoende. Dit is U genade, U liefde, U barmhartigheid en U goedertierenheid wat vir my ‘n weg deur die kwessies van die lewe maak en my tot die vervulling van U plan vir my lewe bring. Amen.