Job 12:10
‘In Wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.’
– Hy is vertroud met elke aspek van jou lewe.
– Die Here het jou in die palm van Sy hand.
– Jou lewe en jou asem word deur die Here jou God onderhou.
– Hy is met jou om jou te ondersteun en jou te help om nie te struikel en val nie.
Gebed: Vader, dit is gerusstellend om te weet dat my lewe veilig in U hande is. Ek sal rus in die wete dat U my ken, my toekoms is in U hande en daarom het ek niks om te vrees nie. Amen.