Psalm 98:4
‘Juig voor die Here, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!’
– Jy het rede om te juig en bly te wees – Die Here is met jou!
– Moenie op die negatiewe fokus nie, maar vier alles wat Hy gedoen het.
– Jou lewe mag dalk nie perfek wees nie, maar Hy is met jou in die storm.
– Laat jou hart op Hom vertrou en laat jou hart en stem juig.
Gebed: Vader, vandag wil ek ‘n oomblik neem om my stem te verhef en U te prys. Ek wil my oë bo my probleme ophef, en ek wil alles vier wat U gedoen het. Want U is goed en ek is geseënd. Amen.