Jesaja 55:9
‘Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is My weë hoër as julle weë en My gedagtes as julle gedagtes.’
– Ons kan dinge slegs vanuit ons perspektief sien, maar God sien die groot prentjie.
– Sy weë en Sy gedagtes is nie beperk soos wat ons s’n is nie.
– Dit is hoekom ons Hom kan vertrou en op Sy weë kan staatmaak.
– Hy weet wat Hy doen en ons kan veilig in Sy arms rus.
Gebed: Vader, dit is wonderlik om te weet dat U gedagtes en U weë nie deur my persepsie of begrip beperk word nie. U weet alles, en U is altyd aan my sy en wil my in U ‘groter prentjie’ inlei. Amen.