Jeremia 32:27
‘Kyk, Ek is die Here, die God van alle vlees; sou enige ding vir My te wonderbaar wees?’
– Daar is niks te moeilik vir God nie.
– Gee Hom jou probleme en jou onmoontlikhede.
– Hy sal dinge omdraai en vir jou ‘n goeie storie gee om te vertel.
– Jy sal Sy getrouheid sien en jy sal sien wat Hy kan doen.
Gebed: Vader, niks is vir U te moeilik nie. Ek gee U my uitdagings en onmoontlikhede en vertrou op U om alles ten goed uit te werk. Mag ek U getrouheid en U krag in my lewe sien werk. Amen.