Nehemía 13:31b
‘Dink aan my, my God, ten goede!’
– Dit is nooit te laat om God te vra vir Sy seën, guns en hulp nie.
– Die Here sal jou getrouheid en diens aan Hom onthou.
– Die dinge wat ons vir God en vir ander doen, word nie vergeet nie.
– Hy kan die vensters van die hemel oopmaak en Sy seën uitstort.
Gebed: Here, vandag wil ek stil word en vra: dink aan my in die goeie, my God. U ken alle dinge en U sien alle dinge, en ek bid dat my werk en geloof beloon sal word terwyl ek aanhou om op U te vertrou. Amen.