Markus 6:45
‘EN dadelik het Hy Sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en vooruit te vaar na die oorkant, …’
– Die keuse is altyd tussen God se doel en ons eie gedagtes en idees.
– Soms maak die rigting wat Hy vir ons gee nie vir ons sin nie.
– Die Here sien die hele prent en Hy weet wat Hy in ons lewens doen.
– Ons kan eenvoudig gehoorsaam en die rit geniet, want Hy hou ons lewens in Sy hande.
Gebed: Vader, dit is baie gerusstellend om te weet dat U altyd weet wat die beste is en watter rigting ons moet gaan. Mag ek altyd gereed wees om U leiding te volg, al verstaan ek nie altyd nie. U sal vir my sorg en my veilig aan die ander kant bring. Amen.