Jeremia 32:20
‘wat tekens en wonders gedoen het in Egipteland, tot vandag toe,…’
– God se magtige hand kan die verloop van dinge omdraai.
– Dit het voorheen gebeur en dit sal weer gebeur.
– Dit is ook waar in ons persoonlike lewens.
– Glo in God se onveranderlike natuur en Sy hand in jou lewe.
Gebed: Vader, ek glo in U en ek behoort aan U, daarom kan ek vertrou dat U groot dinge in my lewe sal doen. Mag ek nooit vergeet dat my verlossing en my deurbraak uit U almagtige hand kom nie. Amen.