Psalm 95:7
‘Want Hy is onse God, en ons is die volk van Sy weide en die skape van Sy hand.’
– Dit is wonderlik om te weet dat God ons liefhet en vir ons sorg.
– Die prentjie van ‘n weiveld spreek van voorsiening, sorg en onderhoud.
– Hy weet wat jy nodig het en is van voorneme om dit te voorsien.
– Ons het Sy leiding en beskerming nodig en dit is wat Hy ons bied.
Gebed: Vader, dankie dat ek onder U sorg is. Dankie vir U voorsiening, leiding en beskerming in my lewe. Help my om U volkome te vertrou, wetende dat U getrou in alles sal voorsien wat ek nodig het. Amen.