Jesaja 43:25
‘Ek, Ek is dit wat jou oortredinge uitdelg om My ontwil, en aan jou sondes dink Ek nie.’
– Die een ware God is die Een Wat jou optel en jou vergewe.
– Hy neem die inisiatief om te vergewe, vanweë Sy genade en barmhartigheid.
– Hy wis uit en verwyder ons oortredinge.
– Hy vergewe nie net nie, maar kies ook om ons sondes te vergeet en gee ons ‘n nuwe begin.
Gebed: Vader, dankie dat U die vlekke uit my lewe verwyder en ‘n weg vir my oopmaak om ‘n nuwe begin te maak. Ek het vertroue in U belofte om te vergewe en om nie vorige sondes teen my te hou nie. Dankie vir die vryheid en die lewe wat dit bring. Amen.