1 Korinthiërs 10:13
‘Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.’
– Die Here beskerm jou sodat jy nie meer dra as wat jy kan nie.
– Hy ken jou perke en hoeveel jy kan hanteer.
– Hy bied ‘n uitweg aan wanneer dinge te veel raak.
– Hy doen dit sodat jy kan staan en staande bly.
Gebed: Vader, dankie vir die manier waarop U my kom dra en onderhou. U weet hoeveel ek kan dra en U weet wanneer die las te groot is Ek bid dat U ‘n weg vir my sal maak sodat ek deur U kan oorwin. Amen.