Psalm 77:15
‘U is die God wat wonders doen; U het U sterkte onder die volke bekend gemaak’
– Ons dien ‘n wonderwerkende God.
– Die Here kan ontsagwekkende dade en verstommende dinge doen.
– In moeilike tye, vind vrede in die wete dat God wonderwerke kan doen.
– Vertrou op Sy vermoë om in jou lewe en omstandighede in te gryp.
Gebed: Vader, dankie vir U magtige werkende krag wat in my lewe en situasie werk. Mag ek nooit vergeet dat U groot en wonderlike dinge kan doen nie. U is my wonderwerkende Vader en ek sal op U vertrou. Amen.