Filippense 3:12
‘…maar ek jaag daarna of ek dit ook kan gryp, omdat ek ook deur Christus Jesus gegryp is.’
– Het jy al ooit daaraan gedink dat God jou vashou?
– As gevolg van hierdie wonderlike werklikheid kan ons voortgaan en vorentoe beweeg.
– Die Here het ‘n doel met jou lewe daarom het Hy jou gegryp.
– Dus, ongeag die uitdagings, druk ons voort om alles wat God vir ons het, vas te gryp.
Gebed: Vader, dank U vir U hand wat op my lewe rus en vir U hand wat my vas gegryp het. U teenwoordigheid gee my die moed om daarna te jaag, nuwe terreine in te neem en met vertroue en sekerheid in U voort te gaan. Amen.