Romeine 8:14
‘Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God.’
– Deel van die voorreg wat ons het, is om deur God se Gees gelei te word.
– Hy wil ons lei en vir ons die regte pad wys.
– Hierdie wonderlike voordeel vloei uit ons verhouding met Hom.
– Vra die Here om jou te lei en Hy sal jou paaie rig.
Gebed: Vader, dank U dat ek U kind kan wees. As U kind vra ek dat U my sal lei en rig in die situasies wat ek moet hanteer. Ek wil U wil doen en daarom vra ek U om my te lei en my die regte rigting te wys. Amen.