Matthéüs 11:28
‘Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.’
– In hierdie vers gee die Here nie ‘n opdragte nie, maar Hy nooi ons uit.
– Wanneer ons na Hom toe kom, lig Hy ons laste en gee ons rus.
– Wanneer ons probeer om alles in ons eie krag te dra, is die las swaar.
– Kom ons aanvaar liewer Sy uitnodiging sodat ons Sy rus kan ervaar.
Gebed: Vader, ek bring vandag al die bekommernisse wat ek in my hart het, na U toe. Ek besef hoe nodig ek U in my lewe het en hoe ek nie alles self kan dra nie. Hier is ek Here, gee my U rus. Amen.