Jesaja 30:18
‘En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ‘n God van die gerig.’
– Die Here verlang daarna om meer van Sy genade aan jou te bied.
– Hy is ‘n medelydende, genadige en liefdevolle Vader.
– Hy is gereed en kan in jou situasie ingryp.
– Vertrou en hoop op Sy tydsberekening en beloftes.
Gebed: Vader, dankie dat U my genadige God en my liefdevolle Hemelse Vader is. Ek bid dat U, U oor my lewe en my omstandighede sal verhef en my lewe met U medelye en genade sal oorstroom. Amen.