Romeine 4:17b
‘…voor die aangesig van God in Wie hy (Abraham) geglo het, wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.’
– Die Here kan lewe in hopelose situasies bring.
– Die Here kan niks neem en iets daarvan maak.
– Ons reaksie is om te glo dat God enige situasie kan omdraai.
– Al lyk dinge donker kan ons met hierdie hoop saamleef.
Gebed: Vader, ek verklaar dat ek glo in U en in U vermoë om lewe in lewelose situasies te herstel en om waar daar skynbaar geen weg is nie ‘n weg te maak. Ek vertrou op U en daarom het ek hoop. Amen.