Jakobus 1:4 AFR83
‘En die volharding moet end-uit volgehou word sodat julle tot volle geestelike rypheid kan kom, sonder enige tekortkoming.’
– Elkeen van ons is ‘n onvoltooide werk.
– In elkeen van ons lewens is daar areas waar ons nodig het om te groei en ontwikkel.
– God is aan die werk in jou lewe om jou tot ‘n plek van heelheid te bring.
– Hou dus vas, en laat Hom Sy volmaakte werk in jou hart voltooi.
Gebed: Vader, dankie vir wat U in my lewe doen. Ek herken dat deur alles wat ek moet aandurf en ondervind, U my vorm en maak om meer soos U te wees. Ek vertrou my lewe aan U toe en in die proses kies ek om geheel en al U s’n te word. Amen.