1 Korinthiërs 15:58
‘Daarom, my geliefde broeders, wees standvastig, onbeweeglik, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle arbeid in die Here nie tevergeefs is nie.’
– Besef jy dat alles wat jy doen, gedoen kan word asof dit vir die Here gedoen word?
– Hy kan jou lewe selfs in die gewone en die daaglikse verantwoordelikhede gebruik.
– ‘n Lewe wat tot Sy eer en heerlikheid geleef word, het ‘n ewigheidsbeloning.
– Gee dit dus jou beste en laat Hom toe om jou te gebruik, dit sal die moeite werd wees.
Gebed: Vader, dank U dat in U, my lewe betekenis en ‘n doel kan hê. Ek kies om entoesiasties te werk asof ek vir U werk. Terwyl ek ‘n lewe lei wat U eer, mag ek altyd daaraan herinner word dat alles wat ek doen waarde en doel in U oë het. Amen.